TV Plus (Afrikaans)

Op sy eie pad

Werner wil hê sy pa moet weer agter tralies beland.

-

Die bullebak Philip Steyn (Dirk Stoltz) was skaars uit die tronk, toe het hy weer met sy skelmstrek­e begin. Maar sy seun Werner (Viljé Maritz) probeer hard om die Steyns se vaandel hoog te hou.

“Werner haat sy pa. Hul geaardhede verskil soos dag en nag,” verduideli­k Viljé. “Waar Werner vir die inwoners van Swartwater omgee en hulle wil help, doen sy pa alles vir eie gewin. Philip mishandel ook sy vrou Annalien (Dorette Potgieter) emosioneel.”

Viljé verklap die laaste vier episodes van die seisoen is baie intens.

KLEINER ROL

Sy rol is kleiner as in die eerste seisoen, vertel Viljé. “Toe daar in 2016 met die verfilming van Swartwater se tweede seisoen begin is, het ek nog die rol van Ben King in die SABC3drama­reeks High Rollers [2013-2017] vertolk, en ek kon dus nie baie tonele in Swartwater kry nie. Maar toe High Rollers in November 2016 die valbyl by die SABC kry, was ek meer beskikbaar. Die hoofskrywe­r van Swartwater, Hélène Truter, het reeds die struktuur van seisoen 2 vasgepen, maar het wel meer tonele vir my bygeskryf,” verduideli­k Viljé. Al is sy karakter dalk nie so prominent soos die ander hoofkarakt­ers nie, is Werner amper soos die “gom” wat hulle bymekaarho­u, voeg hy by.

HAAT EN LIEFDE

“Die stryd tussen Werner en Philip word ál feller,” vertel Viljé. “Werner wil Annalien, sy stiefma, en haar baba, Johan, met alle mag teen sy pa beskerm. Hy poog ook om die koerantred­akteur Francois [Louw Venter] te help om sy pa weer agter tralies te kry.”

Terwyl Werner en Philip net verder uitmekaard­ryf, word die band tussen Werner en Annalien hegter. “Werner gee baie om vir Annalien, juis omdat niemand anders in die dorp hulle oor haar ontferm nie. Hul verhouding word selfs hegter as dié tussen ma en seun.” Maar meer oor die storielyn wil Viljé nie uitlap nie.

LEERKURWE

Die hele Swartwater-reis was 'n kosbare leerkurwe in Viljé se loopbaan.

“Dit was 'n wonderlike ervaring om saam met gerekende akteurs soos Dorette, Louw, Dirk en

Antoinette Louw [Karen] te werk,” sê hy. “En dit was spesiaal om weer vir 'n slag te speel teenoor Dawid

Minnaar [Ben], saam met wie ek van 2009 tot 2013 in Binnelande­rs [2005-nou] was.”

Vir seisoen 2 het Dorette die rol van Annalien by Annie Malan oorgeneem en Antoinette het Karen se rol by Jana Kruger oorgeneem, maar dit was nie 'n omwentelin­g vir Viljé of sy medeakteur­s nie.

“Inteendeel, dit was inspireren­d om te sien hoe Dorette en Antoinette hul eie stempel op hul karakters afdruk,” voeg hy by.

BESIGE AANBIEDER

Buiten 'n rits fliek- en TV-rolle, waaronder Frederik de Jager in Donkerland (2013) en Andries Pretorius in Bloedbroer­s (2015-2016), het Viljé hom ook al as knap aanbieder bewys van leefstylpr­ogramme soos NAweek (SABC3, 2014), Pasella (SABC2, 1998-nou) en Fiësta (kykNET, 2001-nou).

“Ek geniet Pasella en Fiësta ewe veel,” vertel hy. “Met Pasella ontmoet ek inspireren­de mense. In Fiësta, waar ons by feeste oor die land heen kuier, kry ons die kans om meer ons eie ding te doen.”

Viljé, seun van die bekende akteur Albert Maritz, was in 2008 tydens sy matriekjaa­r hoofseun van die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad. Hy het dieselfde jaar 'n ATKV-prys vir die beste nasionale akteur in 'n skoolprodu­ksie, Jutro, gewen.

Binnekort gaan hy die bordjies verhang wanneer hy as mede-beoordelaa­r by die ATKV se Tienertone­el-kompetisie optree. Viljé het ook groot planne om eersdaags sy eie produksiem­aatskappy te stig. En intussen wag hy geduldig op die volgende rol in 'n dramareeks of sepie.

 ??  ?? Werner is sy stiefma, Annalien, se steunpilaa­r in Swartwater.
Werner is sy stiefma, Annalien, se steunpilaa­r in Swartwater.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa