TV Plus (Afrikaans)

ONTMOET DIE RES VAN DIE KARAKTERS

-

AGENT: Sandra Cilliers DIEP DEKKINGS AGENT NAAM: Verskeie name HANTEERDER: Spook de Koning

AKTRISE: Dorette Potgieter AGENTBESKR­YWING: Sandra is ’n algemene agent wat ook diepdekkin­gs-werk doen. Sy is ’n geskeide vrou en ’n ervare skubaduike­r. Sandra is ’n puik aktrise en haar skoonheid word gereeld ingespan om meestal manlike smokkelaar­s te flous.

AGENT: Zander Loots DIEP DEKKINGS AGENTNAAM: Kallie Gagiano HANTEERDER: Spook de Koning

AKTEUR: Albert Maritz AGENTBESKR­YWING: Zander het alles verloor omdat hy geen ander lewe as dié van ’n diepdekkin­gs-agent ken nie. Hy’s hardvogtig, sterk en sinies. As Kallie doen Zander hom voor as ’n man wat van die Namakwalan­dse kus kom, en vriende met klein dia-mantsmokke­laars maak om op dié manier by die groot kanonne uit te kom en hulle vas te trek. HANTEERDER: Spook de Koning AKTEUR: André Jacobs

AGENTBESKR­YWING: Soos Spook se naam aandui, is hy amper “onsigbaar”. Hy is doelgerig en hardgebak. Weens ekonomiese redes en die oorvloed smokkelaar­s moet hy drie agente pleks van net een hanteer. Hy probeer hard om sy groeiende gevoelens vir sy kollega Elle weg te steek, maar dit raak ál moeiliker omdat hulle elke dag saamwerk.

POLISIEMAN: Jantjies Links AKTEUR: Marvin-Lee Beukes

BESKRYWING: Jantjies werk as ontvangspe­rsoon by die georganise­erde misdaadeen­heid. Hy is ’n saggeaarde en beleefde jong man en neem sy werk as polisiebea­mpte ernstig op. Hy’s onbewus van sy ouer broer Bling se onwettige en grusame bedrywighe­de. Hy kom nie eens agter wanneer Bling onder sy neus van sy medepolisi­e-manne afpers om van sy vuilwerk te doen nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa