TV Plus (Afrikaans)

Uitdaging soos min

Jou moed word geblus – lank voor jou fakkel.

-

Die spel herinner amper aan die oorlewings­tryd waarin van 7de Laan se karakters hulself in Mei verlede jaar bevind het nadat hul vliegtuig op pad na ’n wildsplaas in die boendoe neergestor­t het. Nes Diederik (Hennie Jacobs), Marko (Francois Lensley), Willem (Markus Haywood) en ander passasiers van die vliegongel­uk het ek myself in ’n ongerepte en onbewoonde gebied bevind waar ek moes terugval op my oerinstink­te om te oorleef.

Toe M-Net my en 11 ander joernalist­e nooi om in Survivor-Survivor te speel, het ek nooit gedink dit sou so uitdagend wees om jou fakkel aan die brand te hou nie. Wat nog te praat van skuiling bou, vuur maak, honger ly en in uitdagings sweet.

My Survivor-avontuur begin wanneer die 12 joernalist­e mekaar by die lughawe ontmoet. Anders as die regte deelnemers word ons nie vergesel deur chaperones wat seker maak ons gesels nie met mekaar nie. Ons vlieg met vergunning van die lugredery almal saam as ’n groep na El Nido in die Filippyne.

Gelukkig slaap ons die aand gerieflik in ’n hotel om ons kragte te spaar vir die Survivor- ervaring wat om 05:00 die volgende oggend begin. Net soos die regte deelnemers word ons gestroop van ons selfone, sonbrille, horlosies en enige ander gerieflikh­ede voordat ons per boot tot by ’n verlate eiland geneem word.

Wanneer al die reëls uitgestipp­el is en die kameras rol, begin ons stryd om oorlewing: Ons moet in die water spring en binne vier minute ’n paar basiese artikels (rys, ’n pot, hout, vrugte, ’n panga, tou en vuursteen) van ’n drywende stuk skuimplast­iek gryp, op ’n bamboesvlo­t laai en na ons eiland vervoer – en dis ver!

Ons is skaars in die water en reeds kan ek ander se asem hoor blaas. Iemand kry ’n skrapie van ’n koraalrif, maar gelukkig is daar net soos in die regte spel ’n mediese span wat regstaan om beserings te behandel – maar net as dit ernstig is. Pyn is deel van oorlewing!

Gewoonlik is daar verskillen­de stamme, maar ons almal is in een span: Araw. Kompleet met ’n kopdoek.

Speel-speel Survivor is nou in volle gang, al voel dit glad nie soos ’n speletjie nie. Ons eerste taak is om ’n skuiling te bou en ’n vuur aan die gang te kry (ons het, in teenstelli­ng met die regte deelnemers, gelukkig vuursteen gekry om hiermee te help).

Al is die eiland verlate, lyk dit of hier tevore bewoners was. Dis omdat

een stam Survivors voor vanjaar se samesmelti­ng hier kamp opgeslaan het. Dit maak ons taak ligter omdat ons kampgebied reeds ontbos is.

Ons skuiling wil nie vorm aanneem nie. Iemand in ons groep tree as selfaanges­telde leier op. Sy voer nie haar idees uit nie, maar gee niemand anders kans om insette te lewer nie en praat dit weg.

In die kamp voel dit byna soos in ’n sepie – daar is mense wat mekaar openlik nie kan verdra nie. Hulle is heeltyd in mekaar se hare en probeer ander spelers betrek en teen die ander opsteek. Eenkant besluit twee spanlede om van die drama te ontsnap en eerder die vuur aan die gang te kry. Duskant ’n boom sit iemand wat niks doen nie – die een droom seker van ’n sigaret wat so onseremoni­eel by ons afgevat is!

Die produksies­pan roep kort-kort iemand eenkant toe om te hoor wat hy/ sy op die hart het – presies soos hulle in die insetsels doen met deelnemers wanneer hulle regstreeks met die kamera praat. En glo my, teen die tyd het ons almal iets waaroor ons wil kla!

Soos die ure aanstap begin almal grom oor die hongerpyne wat knaag, insekte wat oral krioel, die gemis van sosiale media en die ongerief om ’n bossie of die water as toilet te gebruik.

Ons het gelukkig basiese eetgoed gekry – die Survivors wat die spel speel ly regtig honger en kry niks as hulle dit nie regkry om’ n belonings uitdaging te wen of iets te vang nie.

Daar is skaars vordering met ons skuiling gemaak toe ’n boot ons kom oplaai v iron seerste belonings-uitdaging. Nes die boot stilhou sien ons in die verte hoe ’n uitgeteerd­e, maer groepie pas hul uitdaging voltooi het. Dis van die regte Survivors wat aan vanjaar se realiteits­reeks deelgeneem het. Die ergste is ek voel reeds so!

’n Boot vaar met hulle weg, mikrofone word om ons gebind en ons word deur ’n see van TV-kameras dopgehou terwyl ons regmaak om aan presies dieselfde uitdaging deel te neem: Balanseer oor’ n wipplank-hindernis ,’ n modder put, memoriseer en legkaart bou terwyl die Survivor-aanbieder Nico Panagio van diekant af oor almal se spel kommentaar lewer.

Uitasem word ons weer in stilte op die boot gelaai en na die eiland geneem waar die regte stamberaad­sessies vanjaar plaasvind. Dis werklik dramaties met vuur wat jou oral omring. Ons elk- een kry ’n brandende fakkel, waarvan die vuur, net soos in die regte spel, ons lewe verteenwoo­rdig.

Nico is presies ingelig oor wie wat in die kamp gedoen het en druk al die regte knoppies om dit dramaties te maak en om ons sover te kry om tot ons skok dinge te erken wat eerder in die sand begrawe kon wees. Met al die kameras op jou kan jy nie help om eerlik te antwoord nie – ongeag van wat jou spanmaats van jou dink.

Die stemme is gelykop verdeel tussen twee. Gewoonlik sou net een deelnemer se fakkel geblus word, maar met ons is albei uitgeskop.

Dis laatmiddag en almal is honger, bedremmeld en moeg. Moet ons nou terugkeer na die eiland waar ons patetiese skuiling sonder enige afdak wag, dink ek moedeloos.

Daar word vir die volgende twee dae ’n tropiese sikloon voorspel en die bote sal nie gebruik kan word nie. Uit vrees dat ons dalk vir langer as een nag op ’n verlate eiland vasgekeer kan wees, besluit die produksies­pan tot my groot verligting ons spel is verby. En dit was eintlik net een dag! Die regte Survivors wat dit vanjaar tot by die einde maak, doen dit 39 dae.

Die bootrit terug na die hoofeiland is ongemaklik – daar is baie oor mekaar gesê en agteraf gepraat en ek kan my net voorstel hoe dit moet wees wanneer jy ná ’n stamberaad­sessie by jou kamp aankom. Eina! Maar ek dink net aan kos, ’n warm stort en ’n gemak like bed. Die arme Survivors! Dis regtig die Ultimate Survivor wat wen!

 ??  ?? Die joernalis Marisa Fockema en die amptelike Survivor SA-aanbieder, Nico Panagio.
Die joernalis Marisa Fockema en die amptelike Survivor SA-aanbieder, Nico Panagio.
 ??  ?? Selfs al was dit nie vir ’n groot kontantpry­s nie, was die mededingin­g intens!
Selfs al was dit nie vir ’n groot kontantpry­s nie, was die mededingin­g intens!
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Om op ’n tropiese eilandpara­dys te wees het sy voordele, maar daar is ook tyd vir ’n spanpraatj­ie.
Om op ’n tropiese eilandpara­dys te wees het sy voordele, maar daar is ook tyd vir ’n spanpraatj­ie.
 ??  ?? Om die Survivor-reeks self te ervaar was vir hierdie deelnemers verstommen­d.
Om die Survivor-reeks self te ervaar was vir hierdie deelnemers verstommen­d.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa