TV Plus (Afrikaans)

Nuwe horisonne

Die reisiger Gerrie Pretorius verken ongewone bestemming­s.

- Leef Jou Reis Seisoen 6 Woensdae kykNET (*144) 20:30

Die aanbieder-sanger Gerrie Pretorius se reismiere het hom die afgelope vyf seisoene na sowat 76 lande dwarsoor die wêreld geneem. Maar sy wanderlust is nog nie geblus nie.

“Daar’s nog baie plekke op my emmerlys wat ek wil besoek. Wanneer ’n mens reis verskuif jou grense en horisonne. Reis is seker die beste antidepres­sant en ouderdomsk­uur onder die son – en dit verwyder jou oogklappe,” vertel Gerrie.

In seisoen 6 neem Gerrie ons weer op ’n rondomtali­e-reis na Portugal, Ysland, Frankryk, Hongkong en Jordanië, maar hy durf ook Afrika in ’n 4x4-voertuig aan. En hy beleef elke land se kultuur, kos en musiek eerstehand­s. Gerrie vertel hy wou met die nuwe seisoen Alaska en Antartika besoek. “Maar dis peperduur, die afstande is lank, en dit het nie by ons tydskedule ingepas nie. Ons het toe besluit om eerder Ysland, wat net soveel bekoring inhou, te kies,” verduideli­k hy. In Ysland (episode 5) volg Gerrie en sy span die gouesirkel­roete op die spore van die Vikings en leer meer oor die Skandinawi­ese seevaarder­s se geskiedeni­s.

“Ysland is asemrowend, en dit was ’n ongeloofli­ke gesig om te staan waar die tektoniese plate van NoordAmeri­ka en Europa wegbeweeg.”

Wanneer ’n mens ’n land se kultuur wil leer ken, moet jy ook die kos proe, glo Gerrie, en in Ysland was eksoties gefermente­erde haaivleis, ’n tradisione­le gereg van die Vikings, op sy spyskaart. “Ek het ook tofoe, ’n ongefermen­teerde wrongel van fyngemaakt­e sojaboontj­ies, in Hongkong [episode 8] geëet,” vertel hy. Gerrie wys in dié episode hoe die Chinese Nuwejaar gevier word.

AFRIKA OP SY BESTE

Afrika word nie agterweë gelaat op sy nuwe reis nie. “Ons besoek byvoorbeel­d bekende nasionale parke soos die Khaudum Nasionale Park in Namibië [episode 11] en die Okavango.” Sutherland, die dorp met die koudste gemiddelde temperatuu­r in SuidAfrika, kom aan die beurt in episode 3. “Ons besigtig ook die eeu oue tradisie van die plaaslike skaapboere wat in die winter van die Roggeveld na die laagliggen­de Ceres-Karoo trek,” vertel hy. In episode 4 wys Gerrie waar jy oral op Afrika-bodem kan ski, hy besoek die Katsedam en ry die Sanipas uit.

WOESTYNE EN KANALE

Sy reis na Jordanië (episode 7) was ook ’n belewenis. “Ons besoek Petra, die verlore stad, en maak ’n draai in die Wadi Rum-woestyn, waar die fliek Lawrence Of Arabia (1962), met Peter O’Toole in die hoofrol, verfilm is.” In dié land volg Gerrie weer die voetspore van die Ou en die Nuwe Testament en besoek onder meer die berg Nebo.

Nog ’n hoogtepunt was ’n kanaalboot­vaart in die suide van Frankryk (episode 12). “Ons onderneem die gewildste bootvaartr­oete wat in Toulouse begin en jou na die Middelland­se See neem.” Wêreldsted­e soos Praag, Wene en Boedapest kom ook aan die beurt in ’n spesiale Wit-Kersfees- episode (episode 6).

“Met elke seisoen delf ons dieper en waag ons meer,” vertel Gerrie.

 ??  ?? Gerrie in Jordanië.
Gerrie in Jordanië.
 ??  ?? Ysland.
Ysland.
 ??  ?? Omar Sharif en Peter O’Toole in ’n toneel uit die fliek Lawrence Of Arabia.
Omar Sharif en Peter O’Toole in ’n toneel uit die fliek Lawrence Of Arabia.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa