TV Plus (Afrikaans)

Binnelande­rs

Weekdae kykNET (*144) 19:30 Sepie

-

Die vriendskap tussen dr. Elana Bester (Ilne Nienaber) en die getroude dr. Franz Basson (Dawid Minnaar), wat hier is op besoek uit Kanada, raak ál hegter. “Elana het as student ’n groot bewonderin­g vir Franz se mediese kennis gekoester en hulle put baie uit hul profession­ele geselsies,” vertel Ilne. Sy begin aflei alles is nie pluis nie tussen Franz en sy vrou Bea (Elma Postma), wat in Kanada agtergebly het. Op Vrydag 27 April soen Elana vir Franz – beteken dit daar is liefde in die lug? Koester Elana romantiese illusies oor Franz?

Nee. Dis nie in haar aard om ’n affair met ’n getroude man aan te knoop nie. Sy was juis die een wat drie weke tevore haar mond vol gehad het oor Steve (Clint Brink) en Annelize (Cindy Swanepoel) se buite-egtelike verhouding. Hoekom soen Elana Franz dan in ’n onbewaakte oomblik? Dit is in ’n oomblik van swakheid. Elana kry Franz jammer, want hy kry nie finansieri­ng vir sy nuwe masjien wat hy ontwerp het nie – ’n moderne skandeerma­sjien wat kankersell­e vroegtydig kan uitken. Sy besef ook Franz kry nie die emosionele ondersteun­ing van sy vrou Bea nie. Elana se broer Conrad (Hykie Berg) merk ook op daar’s ’n hegte band tussen Elana en

Franz. Ja, Conrad trek haar siel uit oor Franz. Maar as broer is hy beskermend omdat hy nie wil hê sy moet seerkry nie.

Hoe dink jy voel Franz oor Elana? Ek dink Franz voel gevlei dat sy die grond aanbid waarop hy loop en hy voel gemaklik in haar geselskap. Tans beskou hy haar as ’n sielsgenoo­t en goeie asook gesonde afleiding. Sy vul ’n leemte in sy lewe. Wat is Elana se ware gevoelens teenoor Franz? Elana is effens star struck teenoor hom. Sy voel soos ’n skaam en ongemaklik­e tiener in sy teenwoordi­gheid.

• Lees meer op ble. 17-19.

 ??  ?? Elana en Franz.
Elana en Franz.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa