TV Plus (Afrikaans)

The Following

-

Seisoen 2 SABC3 (*193) 21:30 Aksie

Niks is te veel vir die donker aksiereeks The Following (2013-2015) nie, wat na gratis TV terugkeer met ’n dubbele ontwaking in seisoen 2. Die herstellen­de alkoholis Ryan Hardy (Kevin Bacon) het in seisoen 1 byna weer sy reeksmoord­enaar-vyand Joe Carroll (James Purefoy) vasgetrek, maar toe is die ontsnapte gevangene in ’n bootwerf-ontploffin­g opgeblaas. In seisoen 2 is Ryan “nugter en gelukkig en het aanbeweeg met sy lewe”, sê Kevin. “Maar dis wanneer die moeilikhei­d weer by hom kom spook.”

Seisoen 2 begin met Joe se volgelinge – bekend as The Following – wat die herdenking van sy dood vier deur passasiers op moltreine aan te val. Ryan is nou ’n dosent aan ’n New Yorkse universite­it en weier om die FBI met hul ondersoek te help, maar ’n erger skok wag op Ryan en die wetstoepas­sers: Joe leef! En hy kruip nie eens weg nie . . . tegnies. Die gevalle Engelsprof­essor verskyn met ’n baard aan die einde van episode 1 en hy gee weer klas, al is dit onder ’n skuilnaam.

Ryan word by die soektog na Joe betrek wanneer sy speurderni­ggie

Max Hardy (Jessica Stroup, Erin in die tienerdram­a 90210, 2008-2013) aan die moltreinsa­ak werk. “Dis wanneer sy masker [klasgee] afval en die ou, minder stabiele Ryan weer na vore kom,” verklap Kevin. En die Carroll-vloek is nie verby vir die oud-FBIagent nie: sy eertydse liefie en Joe se eksvrou Claire

Matthews (Natalie Zea, Robin in die komedieree­ks The Detour, 2016-nou) is nie aan die meswond dood in seisoen 1 nie – sy wag vir Joe in ’n motelkamer in episode 9 (27 Junie). “Dit vang Joe en Ryan onkant,” sê Kevin, “maar dis nie al verrassing nie . . .”

 ??  ?? Joe Carroll (inlas) keer uit die graf terug om by sy FBI-vyand Ryan Hardy te spook.
Joe Carroll (inlas) keer uit die graf terug om by sy FBI-vyand Ryan Hardy te spook.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa