TV Plus (Afrikaans)

Knightfall

-

Seisoen 1 SABC3 (*193) 21:30 Drama

Die Tempelridd­ers veg twee oorloë in die Middeleeus­e drama Knightfall (2017-nou). Hulle is gestrand in Frankryk ná hulle hul vesting in die stad Acre in 1291 verloor het. Daarby is hulle die kosbare Heilige Graal kwyt, die beker wat deur Jesus by die Laaste Avondmaal gebruik is. Maar die kryger-monnike gaan nie sommer lê nie, waarsku die uitvoerend­e vervaardig­er

Jeremy Renner (Hawkeye in die Avengers-superheldf­lieks, 2012-nou): “Hulle is die vloot-SEALS van hul dag en sal tot die bloedige einde veg!”

Aan die voorpunt is Landry (Tom Cullen, Guy Fawkes in die 2017-minireeks Gunpowder), ’n veteraan van die kruisvaard­ers. Maar dis nie net vir swaarde rondswaai nie – Tom erken sy krygsdrag is so swaar “soos om ’n agtjarige 14 uur per dag op jou rug te dra!” Landry het die moord op Frankryk se koning Philip IV (Ed Stoppard, lord Hervey in die gruwelreek­s The Frankenste­in Chronicles, 2015-2017) gekeer en nader aan die heerser gekom. Maar hy is “goed bekend” aan

koningin Joan (Olivia Ross, Madam Bourienne in die minireeks War & Peace, 2016), ten spyte van sy selibaathe­id-eed. Vir spirituele leiding wend die ridders hulle tot pous

Bonifatius VIII (Jim Carter, Charles in die periodedra­ma Downton Abbey, 20102015), al is hy openlik korrup. Aan die pous se sy is die goddelose William de

Nogaret (Julian Ovenden, Jeremy in die aksiereeks Person Of Interest, 20112016), wat die koning se raadgewer is.

 ??  ?? Landry lei die Tempelridd­ers in nog ’n heilige oorlog.
Landry lei die Tempelridd­ers in nog ’n heilige oorlog.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa