TV Plus (Afrikaans)

Skoppensbo­er

-

Seisoen 1 SABC Encore (*156) 19:00 Drama

’n Hele paar trefferree­kse, soos Skoppensbo­er (1984), het in die 1980’s uit die stal van TV1 (nou SABC2) gekom. Gelukkig kry kykers nou die kans om dit weer op SABC Encore te sien. “Jan Scholtz, die skrywer van Skoppensbo­er, het geweet hoe om ’n storie met die regte hoeveelhei­d spanning, aksie en liefde-intrige te skep,” vertel die regisseur, Koos Roets. Hy sê Jan [in 2015 oorlede] het ’n slag met dramareeks­e gehad, en deel nog interessan­te feite:

1 George Ballot, wat die koerantman Jones speel, sou aanvanklik ’n klein rolletjie vertolk. “Maar in sy eerste toneel was hy so uitstekend, Jan het dadelik besluit om sy rol groter te maak. Jan het dikwels tydens verfilming nog die teks aangepas en verander,” onthou Koos.

2 Anneline Kriel, wat in 1974 Mej. Wêreld was, het die hoofrol van die spioen Hedda Steger vertolk. “Dit was haar eerste TV-rol en sy’t haar goed van haar taak gekwyt, maar Anneline se stem was te fyn vir die rol en dis toe oorgeklank deur die aktrise Estelle Zeeman (Mattie in die fliek Snip En Rissiepit, 1973),” vertel Koos. 3 Jan het sy akteurs met die hand uitgesoek, en die sakeman Jack Krynauw word gespeel deur Hans Strydom (At Koster in die sepie Binnelande­rs, 2005-nou; lees meer op ble. 17-19). Ander bekendes sluit in Nic de Jager (dr. Furstenbur­g) en Elma Potgieter (mev. Pakendorf). Kyk ook uit vir die sangeres Mynie Grové in ’n kameeversk­yning. Die meeste tonele is in en om Jo4 hannesburg verfilm, en enkeles op Heroldsbaa­i in die Suid-Kaap, waar Jan ’n vakansiehu­is gehad het.

 ??  ?? ’n Jong Anneline Kriel en Hans Strydom in Skoppensbo­er.
’n Jong Anneline Kriel en Hans Strydom in Skoppensbo­er.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa