TV Plus (Afrikaans)

The Good Karma Hospital

-

Seisoen 2 BBC Brit (*120) 20:00 Drama

In seisoen 1 van die mediese drama The Good Karma Hospital (2017-nou) het die junior dokter Ruby Walker (Amrita Acharia) haar lewe in Brittanje opgepak en Suid-Indië toe getrek om te werk in wat Amrita “die jammerliks­te verskoning vir ’n hospitaal” noem. Nou het Ruby haar voete gevind by haar eksentriek­e baas

dr. Lydia Fonseca (Amanda Redman), “en dis tyd vir pille en pleisters”, lag Amrita.

Die seisoen van 6 episodes begin met Ruby se vuurdoop wanneer sy vir die eerste keer in die hospitaal opereer. Maar dis nie haar jong pasiënt se streng en inmengerig­e pa wat die probleem is nie, vertel Amrita. “Ruby is steeds onder die waaksame oog van dr. Gabriel (James Floyd), en hy is nie so seker sy’s uitgeknip vir hierdie soort werk nie.” Amrita voeg by dis net nog ’n toets vir haar karakter: “Sy’t al voorheen met sulke afkeuring te doen gekry, waar ’n man dink hy is beter en wil hê sy moet sy hulp vra. Maar dit gaan nie gebeur nie – dit voel vir Ruby sy is waar sy moet wees en sy doen nie dinge half nie.”

Op Ruby se baas wag dubbele drama, verklap Amanda. “Lydia kry te doen met ’n besluit wat moontlik onwettig is en dis haar tweestryd, om te doen wat reg is [in ’n morele en etiese sin], of dit wat korrek is [volgens die reëls].” Daarby is haar persoonlik­e lewe in ’n warboel nadat sy en die kroegeiena­ar Greg (Neil Morrissey) amptelik begin uitgaan het, “want sy is ’n sterk persoon maar hy is ’n luis”, lag Neil. “Hy oordryf gewone verhouding­skwessies.”

 ??  ?? Dr. Ruby Walker is reg vir aksie in die hospitaal in Indië.
Dr. Ruby Walker is reg vir aksie in die hospitaal in Indië.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa