TV Plus (Afrikaans)

Blue Planet II

-

Seisoen 2 BBC Earth (*184) 18:30 Dokkie

Mis jy die SABC2-natuurprog­ram 50/50 (1983-nou) terwyl dit ’n blaaskans neem? Maak dan seker jy kyk vanaand die spesiale finale episode van die bekroonde Britse program Blue Planet II (2017), met die bekende stem van sir David Attenborou­gh as verteller. Blue Planet II is soveel meer as “net ’n dokumentêr”, verduideli­k die vervaardig­er Mark Brownlow telefonies vir ons. “Dis een van die hoogs aangeskrew­e natuurreek­se, en met goeie rede.”

Was dit intimidere­nd om saam met sir David te werk?

Ja en nee – hy is al vir meer as 50 jaar die indoena van natuurdokk­ies. Hy is die gesaghebbe­nde stem en is nou betrokke by die produksie, van die skryf van tekste tot ’n duidelike visie vir die redigering van materiaal.

Dis besonder moeilik om met wilde diere te werk – wat het jy tydens verfilming geleer?

Dat jy nie die natuur kan voorspel nie en jy kry nie altyd daai “legendarie­se oomblik” nie. In 2014 het ons aan die Australies­e kus begin verfilm, en die algemeenst­e vis wat jy sou verwag, het ons ’n maand lank nie gesien nie.

Kon jy alles wat jy beplan het in die vier jaar van produksie doen?

Nie naastenby nie. Meer as 90% van die oseane is nog nie verken nie. En hou in gedagte ons het ’n tydskedule en begroting gehad. Ons het darem seker gemaak ons begin in Antarktika, want dit was die mees afgeleë plek op ons filmrooste­r.

Jul tegniese hulpmiddel­s was seker gespesiali­seerd vir jul behoeftes?

Ja, ons het baie tegnologie ingespan wat ons self ontwikkel het, soos ’n duiktoeste­l wat jou in staat stel om gebruikte lug te herwin. En ons het lense ontwikkel vir verfilming diep in die nag in die Golf van Kalifornië. Blue Planet II is regtig ’n uitsonderl­ike program met ongeloofli­ke kamerawerk.

 ??  ?? Die verteller sir David Attenborou­gh.
Die verteller sir David Attenborou­gh.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa