TV Plus (Afrikaans)

Elma Postma

Wat gaan in jou gunsteling-aktrise se kop aan?

-

Toe Elma Postma in 2017 by Isidingo (1998-nou, meer op bl. 23) aangesluit het as die huisvrou Lalage, het sy geweet haar karakter gaan nie doodtevred­e tuis sit en brei en kook tot haar man, Hendrik (Gérard Rudolf), en kinders, Anja en Zandré (Lee Visagie en Dèanré Reiners), smiddae by die deur instap nie. “Lalage het altyd gevoel sy wil meer doen,” verduideli­k Elma. Noudat Lalage as ’n persoonlik­e assistent by die Bokamoso-hotel werk, kry sy die kans om ’n heeltemal nuwe lewe te lei. En met meer as 18 jaar se TV-werk op haar kerfstok, het die 43-jarige Elma al self vele rolle in die bedryf vertolk.

Wat was die eerste TV-program wat jy as kind kastig saam met jou maats gespeel het?

Dis ’n bietjie vaag . . . [Lag.] Maar ek onthou ons het ons eie radioprogr­amme gemaak en dit opgeneem.

Wie was jou eerste TV-liefling?

Jason Priestly, wat Brandon Walsh in die tienerdram­a Beverly Hills 90210 (1990-2000) gespeel het.

Wat het jy gedoen wanneer ’n volwasse oomblik opduik terwyl jy saam met jou gesin TV gekyk het?

Ek het gebloos, maar het destyds nie regtig geweet wat aangaan nie.

Watter produk het jy al in ’n advertensi­e of program gesien wat jy bitter graag wil hê?

Ek fast forward gewoonlik deur die advertensi­e breke. Tegnologie is wonderlik!

Watter karakter se TV-klerekas sou jy graag wou hê?

Al die vroue van die periodedra­ma Downton Abbey (20102015)! Maar dan sou ek in ’n ander tydperk moes leef.

In wie se TV-huis sou jy wou bly?

Die pragtige herehuise in Downton Abbey. Het jy geweet dis werklike wonings waarin mense bly, en nie stelle wat vir Downton gebou is nie?

Watter reekse is tans jou gunsteling­e?

Die mediese drama Grey’s Anatomy (2005- nou ), die realiteit s kos program MasterChef Australia (2009-nou), die superheldr­eeks The Flash (2014-nou), en die koninklike periodedra­mas The Crown en Victoria (albei 2016-nou).

Watter werk sou jy agter die skerms wou doen?

Beslis grimering en stelontwer­p. Ek het jare gelede as ’n grimeerkun­stenaar gekwalifis­eer, dus het ek ’n kreatiewe kant. Miskien ook iets soos produksie-koördineer­der – ek is ’n goeie organiseer­der, soos Lalage.

Watter storielyn wending in ’n program is jou gunsteling?

Dis dikwels maklik om storielyne te voorspel, wat simpel kan wees. Dus is ek gaande daaroor wanneer ’n program ’n heeltemal ander hoek bied en ek sit daar en dink: “Sjoe, ek het dit nie sien kom nie!”

Watter karakter is jou gunsteling?

Wonder Woman [ge- speel deur Gal Gadot in die 2017- gelyknamig­e fliek]. Sy was so pragtig, sterk en eerlik tydens haar sendings.

Wat is jou nagmerrie-scenario tydens verfilming?

’n Buitetonee­l terwyl ’n reënstorm woed. Ek dink nie dit het al ooit met my in my loopbaan gebeur nie, maar dit sou die ergste wees!

Watter ou reekse sou jy wou oormaak?

Die fantasiere­eks Buffy The Vampire Slayer (1996-2003; ’n nuwe weergawe word tans vir vroeg in 2019 beplan). Ek het gehou van die groei van die karakters en hul storielyne. Ek het die reeks eers onlangs ontdek en kon nie ophou kyk nie. Die spesiale effekte was iets verskrikli­ks, maar jy raak geheg aan die karakters. Ek dink nie ’n nuwe weergawe sal heeltemal dieselfde wees nie, dus sou ek eerder in die oorspronkl­ike reeks wou speel.

As jy enige karakter vir enige reeks kon skep, wie sou dit wees?

Die koningin in ’n middeleeus­e reeks! Ek is versot op historiese dramas. Daai kostuums en hare en ongeloofli­ke stelle!

Watter program kan jy tans nie ophou kyk nie?

Grey’s Anatomy. Ja, ek weet . . . [Lag.]

Watter reeks en episode het jou onlangs laat huil?

Beauty & The Beast (2017) – ek het die fliek op die kleinskerm gekyk, dus tel dit as “TV”, nè? Ek kan ’n bietjie romanse en feëverhale nie weerstaan nie.

Jou gunsteling-ikoon is?

Meryl Streep en Reese Witherspoo­n – hulle het die oorgang van fliek na TV gemaak en ek kan nie wag om hulle in seisoen 2 van die riller Big Little Lies (2017-nou) te sien nie. En dame Judi Dench (die hertogin van York in die 2016-minireeks The Hollow Crown). Ek bewonder hul talent en integritei­t as mense.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa