TV Plus (Afrikaans)

Veelsydige agent Phil

Agent Coulson is die koelste held in Agents Of S.H.I.E.L.D. – en hy’t nie eens supermagte nie!

-

Die Avengers-flieks (2012-nou) het gehore bekendgest­el aan superhelde soos Thor en Iron Man (Chris Hemsworth en Robert Downey jr.). Maar daar’s ’n ou wat kop en skouers bo hulle uitstaan in Marvel’s Agents Of S.H.I.E.L.D. (2013-nou; seisoene 1-3 is op die aanlyn stroomdien­s Showmax beskikbaar): agent Phil Coulson (Clark Gregg). Op die oog af lyk hy doodgewoon, maar innerlik is agent Phil ’n man van integritei­t en eerbaarhei­d wat wil doen wat reg is. Dit geld ook sy spanlede, en Clark skerts “ons [agente] is die buffer tussen die wêreld en die mallighede daar buite. Ons is hier om die wêreld van die gekste dinge te red.”

ONTMOET DIE SPAN

Agent Phil werk nie alleen nie – en byna sy hele span het ’n gebrek aan superheld talente. “Hoewel Coulson nie magte het nie, het hy die spesiale vermoë van politieke mag om die agente te neem na waar hulle ook al in die wêreld nodig mag wees,” verduideli­k Clark. Elke lid is vir ’n spesifieke vaardighei­d gewerf. Jemma Simmons en Leo Fitz (Elizabeth Henstridge en Iain de Caestecker) is “Agent Fitz-Simmons” – sys’ ’n biochemiku­s en hy’s ’n ingenieur wat die span se tegno-speelgoed gereed hou vir oorlog. Melinda May (Ming-Na Wen) is ’n ekspert-vlieënier en ken haar storie met vegkuns. Agent Ward (Brett Dalton) is opgelei in gewapende stryd en spioenasie. En dan is daar Daisy (Skye) Johnson (Chloe Bennet), ’n kuberkrake­r wat digitale vernuf by die span voeg.

EK KOM TERUG

Dis nie ’n supermag nie, maar dis supercool – die S.H.I.E.L.D.-span weet nie agent Phil is in die Avengers-fliek dood nie. Om die waarheid te sê, hy weet self nie, verduideli­k die reeksskepp­er Joss Whedon. Phil dink hy is vir ’n paar dae na die eilandpara­dys Tahiti gestuur om te herstel, “maar ons het ’n blink opwekkings-idee gekry. Sy baas, Nick Fury (Samuel L. Jackson in die Avengers-fliek), het ’n paar toutjies getrek deur alien-tegnologie te gebruik om hom te red,” verklap Joss. “Hulle het ook sy geheue aangepas sodat hy dink hy het in Tahiti van die Avengersal­ien oorlog gaan herstel.” Phil vind die waarheid aan die einde van die seisoen uit, maar hy verkies om dit te ignoreer.

ALLES VIR ALMAL

Agent Phil is ook die ou na wie toe almal gaan vir alles. Wat is so spesiaal daaraan? Wel, hy’s ’n pa, werktuigku­ndige, mentor, die spanleier, hy reël IT- goeters vir Fitz-Simmons, hy kry wapens en ammunisie en Clark sê “hy is sonder twyfel die vader van die span. Hy kyk na hulle soos na sy eie gesin – en hy het soveel persoonlik­hede, van die snaakse en die huilerige tot die wraakgieri­ge en die cool kêrel Coulson. Goed, miskien nie die laaste een nie . . .”

VLIEËNDE WONDER

Agent Phil het vir homself die beste plek bespreek op The Bus, alias die vragvliegt­uig waarin die S.H.I.E.L.D.agente na hul sendings vlieg. Van buite lyk dit soos ’n gewone vliegtuig, maar binne is dit ’n mobiele bevelsentr­um waar die span aan die werk spring. Dis ook die tuiste van Lola, agent Phil se geliefde rooi Chevrolet Corvetteaf­slaankap motor met’ n geheim van haar eie. “Lola is nie net ’n versamelaa­rsitem nie, weet jy? Mense is geneig om die woorde nuut en verbeter te verwar,” skimp agent Phil teenoor Ward in seisoen 1 episode 22. Maar selfs nie Ward verwag om Phil te sien wegvlieg in Lola nie . . . Inderdaad, ’n mens hoef nie ’n genetiese genie te wees om so super soos agent Phil te wees nie!

 ??  ?? Die S.H.I.E.L.D.-span (van links): agente Simmons, Fitz, May, Coulson, Ward en Skye.
Die S.H.I.E.L.D.-span (van links): agente Simmons, Fitz, May, Coulson, Ward en Skye.
 ??  ?? Phil se vlieënde kar Lola.
Phil se vlieënde kar Lola.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa