TV Plus (Afrikaans)

Net die regte man

Bonita soek man in haar lewe en dink Xander is die perfekte kandidaat.

-

7de Laan Weekdae SABC2 (*192) 18:00

Die enkelma Bonita (Hildegardt Whites) sukkel deesdae om kop bo wa terte hou. Haar nuwe blommevers­kaffings besigheid is skaars op die been en sy voel skuldig omdat sy so besig is dat sy haar babaseun, Daniel (Riley Moses), afskeep. Op Woensdag 9 Mei skrik sy wanneer Daniel onverwags siek raak en sy met hom kliniek toe jaag. Terwyl sy wag om van die dokters te hoor, daag Daniel se pa, Xander (Theodore Jantjies), op. Hy ondersteun Bonita en vertel haar wat ’n goeie ma sy vir hul kind is, wat baie vir Bonita beteken. En op daardie oomblik blom daar iets in Bonita vir Xander en sy sien voor haar geestesoog haarself, Daniel en Xander as ’n gelukkige gesin.

MANVANG-PLAN

“Bonita is weer reg vir ’n verhouding,” sê Hildegardt. Die vraag is net of Xander haar eerder sal beskou as sy kind se ma met wie hy verlede jaar een aand van passie gehad het toe hy nog met

Vanessa

(Ingrid Paulus) getroud was. Soos altyd laat Bonita nie gras onder haar voete groei nie en sy spring op Donderdag 10 Mei weg met ’n plan om meer tyd saam met Xander deur te bring.

“Sy skep gedurig geleenthed­e om Xander meer deur die dag te sien en gebruik Daniel (wat nou gesond is) as verskoning,” vertel Hildegardt. Maar Xander is nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie en besef op Vrydag 11 Mei iets is aan die gang met al die skielike gekuiery.

DESPERAAT EN ONREALISTI­ES

Bonita begin desperaat raak vir Xander se aandag wanneer sy op Maandag 14 Mei agterkom hy stel nie in haar belang nie. Hilde sê kykers moet onthou Bonita is alleen. “Haar groot liefde en nou eksman, Vince (Jacques Blignaut), het haar afgeskryf ná dit (in November 2017) bekend geword het Daniel is Xander se seun en nie Vince s’n nie. Sy probeer net aan die lewe bly en gryp na enigiets wat haar stabilitei­t sal gee, al is dit hoe onrealisti­es.”

Op Dinsdag 15 Mei is Vanessa nie gelukkig oor die stand van sake nie. “Sy het die afgelope tyd opgelet Xander gee meer aandag aan Daniel en sy voel hy skeep hul dogter, Karmen (Gabriella Linton), af,” verduideli­k Hilde. Xander probeer aan Vanessa verduideli­k hy verkies nie een kind bo die ander nie, maar Vanessa is nie oortuig nie.

BLY NET PAPPA

Xander stort sy hart uit by Bonita op Donderdag 17 Mei en sê vir haar al was hy in die verlede op haar verlief [lees meer in kassie], dink hy nie hulle is goed vir mekaar nie. Hy wil nie dinge ongemaklik maak tussen hulle nie. Hy sal altyd daar wees vir haar en Daniel – as ’n pa, maar om haar eggenoot te word . . . daarvan is hy nie so seker nie.

“Dis nie iets wat Bonita wil hoor nie. Sy probeer hard om hom te oorreed hulle sal ’n wonderlike gesin wees, maar Xander wil nou niks weet nie, maar dalk sal hy later van plan verander,” sê Hilde.

Xander besluit op Vrydag 18 Mei om Daniel vir die naweek op te pas en moedig Bonita aan om die tyd te gebruik om haar gedagtes en gevoelens uit te sorteer.

Op Maandag 21 Mei gesels Xander met sy broer Vince oor sy situasie met Bonita. Aanvanklik voel Vince ongemaklik – dis immers ’n moeilike liefdesvie­rhoek – maar dan ondersteun hy vir Xander en gee hom raad. Ons wonder of Bonita ook intussen tot haar sinne gekom het?

 ??  ?? Bonita wil pa Xander haar liefie maak.
Bonita wil pa Xander haar liefie maak.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa