TV Plus (Afrikaans)

Dokter, dokter

Alexa is briesend wanneer Fikani haar kollega by die Hillside-kliniek word.

-

7de Laan Weekdae SABC2 (*192) 18:00

Alexa (Carina Nel) stamp al sedert Maart koppe met die T&T-sportwinke­l- eienaar Fikani (Nicolas Nkuna) nadat hy in ’n skokonthul­ling verklap het hy is ’n gekwalifis­eerde dokter en chirurg [meer in kassie hieronder]. En dinge gaan verder tussen hulle versuur omdat Alexa, wat self ’n dokter by die Hillside-kliniek is, bedreig voel wanneer Fikani op Woensdag 9 Mei as haar kollega aangestel word.

’N YSLIKE FOUT

“Alexa vertrou Fikani glad nie,” sê Carina. “Fikani het jare lank nie gepraktise­er nie en hoewel die rede daarvoor nog nie aan die lig gekom het nie, glo Alexa iets ernstigs moes gebeur het wat hom die professie laat verlaat het.”

Alexa glo die enigste rede waarom die kliniek Fikani aangestel het, is omdat hy op Vrydag 4 Mei in ’n noodgeval ’n operasie suksesvol uitgevoer het. Alexa het nog nie alleen geopereer nie en omdat die kliniek weet Fikani is ’n chirurg, het hulle hom gevra om die noodoperas­ie te doen, al is hy uit oefening uit.

“Alexa laat Fikani (teen die einde van Woensdag 9 Mei) mooi verstaan sy dink sy aanstellin­g is ’n reuse-fout en die kliniek gaan dit nog berou.”

’N TWEEDE KANS

Nicolas sê Fikani is ontsteld deur Alexa se vyandighei­d teenoor hom, “maar hy gaan nie die tweede kans wat hy gekry het om ’n dokter te wees, deur sy vingers laat glip nie”. Hy begin op Maandag 14 Mei na ’n plaasverva­nger soek om T&T te bestuur terwyl hy aandag aan sy nuwe werk gee. Fikani oorweeg dit om

Willem (Marcus Haywood) te nader, maar weet nie of hy dit sal aanvaar nie.

Intussen is dinge nog krapperig tussen Alexa en Fikani op Dinsdag 15 Mei, en ons wonder of Alexa ooit die strydbyl gaan begrawe. Carina sê: “Hopelik, soos die tyd aanloop en Fikani homself aan haar kan bewys, sal Alexa dalk van haar vyandighei­d teenoor hom laat vaar.”

 ??  ?? Fikani (inlas) kry groot teenkantin­g van Alexa wanneer hy saam met haar begin werk.
Fikani (inlas) kry groot teenkantin­g van Alexa wanneer hy saam met haar begin werk.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa