TV Plus (Afrikaans)

EKSKLUSIEF

-

karakter. “Sedert Eben in Maart op borgtog vrygelaat is, het hy net sy beste voetjie voorgesit om nie weer in die tronk te beland nie, want hy haat dit daar.”

Eben is verlede jaar tronk toe nadat hy vir Lexi (Kisha Skeï) ontvoer het. Een van sy paroolvoor­waardes was geen kontak met Lexi nie. “Eben het nie moedswilli­g met Lexi in verbinding getree nie. Dit was onvermydel­ik dat hy in haar sou vasloop, want haar pa, dr. Steve Abrahams [Clint Brink], werk by die Binneland-kliniek,” sê Eben.

Steve is sedert Eben se vrylating baie bekommerd oor die man se teenwoordi­gheid in Binneland en sy enigste dogter se veiligheid. Op Donderdag 10 Mei loop Eben in Lexi vas, en die ontmoeting gaan nie ongesiens verby nie.

PAROOLVOOR­WAARDES VERBREEK

“Op Dinsdag 15 Mei bel iemand Eben se paroolbeam­pte en verklap hy het sy paroolvoor­waardes verbreek,” vertel Zak. “Eben is uit die veld geslaan. Hy weet nie wie het die oproep gemaak nie, maar vermoed dit was Steve of dalk Conrad (Hykie Berg). Hy begin sommer ’n paar ander mense ook verdink.” Eben is briesend maar ook vreesbevan­ge.

“Op Woensdag 16 Mei maak hy gereed om so gou moontlik uit Pretoria te vlug. Annelize probeer hom keer en raai hom aan om die paroolbeam­pte te bel en te sê hy het nie kontak met Lexi gehad nie,” vertel Zak.

Maar Eben is soos soos altyd impulsief en dink nooit aan die gevolge van sy dade nie. Hy storm dieselfde dag by At Koster (Hans Strydom) se kantoor in met ’n pistool en vuur ’n skoot af. Wie is sy slagoffer?

 ??  ?? Eben wil nie weer in die tronk beland nie.
Eben wil nie weer in die tronk beland nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa