TV Plus (Afrikaans)

Dolverlief

Anna knoop ’n verhouding met die nuweling Daniël aan.

-

Getroud Met Rugby Weekdae kykNET (*144) 21:00

Die student Anna (Kate Roothman) wat by die Bekker-gesin woon, se kop is al sedert einde April vol muisneste – en die siviele ingenieur Daniël (Stefan Vermaak) is die rede. Terwyl die meeste van haar vriende dink Daniël is troumateri­aal, is haar eks-liefie Reitz Bekker (Sean van Noordwyk) nie so seker daarvan nie. En boonop raak Reitz op Woensdag 9 Mei onwetend jaloers op Daniël wanneer Anna hom vir ’n spesiale ete by die Bekkers nooi om hul huis se nuwe voorkoms te vier. Maar gaan Reitz aan homself erken hoe hy voel?

IETS WAT PLA

Tans geniet Reitz dit om enkellopen­d te wees ná sy verhouding met die sangeres Sasha (Anlia van Rensburg) in Maart tot ’n einde gekom het. “Anna was egter Reitz se eerste liefde en hy sal altyd vir haar omgee,” sê Sean. “En daar is iets aan Daniël wat hom pla.”

Die res van die Bekkers is mal oor Daniël. Kate vertel: “Ma Nina (Jocelyn Broderick) en haar jongste dogter, Chrissie (Melissa Willering), skinder lekker in die kombuis voor die ete oor hoe oulik Daniël is, en eintlik baie soos Reitz is.”

LOS DIE OU KOEIE

Op Donderdag 10 Mei bars Anna en Daniël se liefdesbor­rel amper wanneer die paartjie baklei. Anna hoor Daniel het vroeër (op Vrydag 4 Mei) met Reitz gepraat oor haar destydse skoolverho­uding met Reitz.

“Anna is smoorkwaad,” sê Kate. “Sy wil nie hê dinge uit haar verlede moet haar en Daniël se verhouding beïnvloed nie. Sy het aanbeweeg ná Reitz en haar fokus is nou op Daniël en die geluk wat hy haar bring.” Daniël besef gelukkig teen die einde van die episode hoe simpel hy opgetree het en verras Anna met ’n jammersê-melkskomme­l by die huis.

HOU JOU IN!

Intussen raak Anna ál meer verlief op Daniël, en op Woensdag 16 Mei kom sy nie eens agter wanneer Chrissie met haar praat nie terwyl sy met Daniël oor die foon koer. Teen Vrydag 18 Mei raak dinge wel effens ongemaklik in die Potties-kroeg wanneer Anna en Daniël saam met Reitz kuier.

“Reitz raak skielik aanvallend wanneer Daniël uitvra oor Anna se vermoëns om ’n braaibrood­jie te maak. Reitz probeer bewys hy ken Anna beter as wat Daniël dink, en kom dan tot die besef hy het opnuut op Anna verlief geraak,” verklap Sean. Maar voor dinge te vurig raak kalmeer Reitz homself. Tog is dit net ’n kwessie van tyd voor Reitz se selfbeheer glip . . .

 ??  ?? Reitz (links) en Daniël kuier by die ete, met agter (van links) Nina, Anna en Chrissie.
Reitz (links) en Daniël kuier by die ete, met agter (van links) Nina, Anna en Chrissie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa