TV Plus (Afrikaans)

Wraak en vuur

Yolandi wys haar ware kleure en die Bridge-kroeg brand af!

-

Suidooster Weekdae kykNET (*144) 18:30

Dit vat net ’n oomblik op Woensdag 9 Mei vir die sluwe sakeman Ian October (Abduraghma­an Adams) om te vermoed sy skelmpie Yolandi ( Trix Vivier) voer iets in die mou wanneer hy haar in sy kantoor betrap. Eers dink hy sy soek ’n paar gesteelde oomblikke saam met hom. “Maar wanneer sy die kantoor verlaat, sien hy ’n oopgemaakt­e lêer op sy lessenaar,” vertel Abdu. En dis die begin van moeilikhei­d wat tot ’n skielike dood lei . . .

OLIE OP DIE VUUR

Terwyl Ian wonder presies wat Yolandi gesoek het, kry Chris (Marcel van Heerden), die oudpolisie­man, Yolandi sover om haar ware kleure te wys. “Chris vermoed al geruime tyd Yolandi is nie wie sy voorgee om te wees nie en het ondersoek begin instel na haar,” sê Marcel. Chris vind op Donderdag 10 Mei uit sy is ’n ruk gelede uit die polisie geskors, en wanneer hy Yolandi daaroor konfrontee­r, bieg sy oor alles. “Sy erken sy is op ’n wraakmissi­e om Eugene Oosthuizen (Waldemar Schultz) – die sekuriteit­sbaas en dwelmhande­laar met wie Ian sake doen – vas te trek,” sê Trix, en voeg by Yolandi hou Eugene verantwoor­delik vir die dood van haar voormalige kollega en kêrel. Hulle het saam ’n saak teen Eugene ondersoek toe haar kêrel in verdagte omstandigh­ede dood is. “Sy dood het haar emosioneel afgetakel en dit het tot haar skorsing gelei,” verduideli­k Yolandi.

Chris kan sy ore nie glo nie, maar stem in om vir eers stil te bly oor Yolandi se ware identiteit en missie. Maar later die dag praat Chris met sy seun, Tim (Marco Spaumer). “Sonder om iets oor Yolandi te sê, waarsku Chris vir Tim hy moet versigtig wees vir Ian en sy verbinteni­s met Eugene,” sê Marcel.

WAARSKUWIN­G

Chris se waarskuwin­g laat Tim se nekhare reis en op Vrydag 11 Mei vertel die lojale Tim vir Ian daarvan. “Tim weet sedert April Ian doen besigheid met Eugene,” sê Marco. “Tim probeer Ian al ’n ruk Iank oorreed om bande met Eugene te verbreek en hoop sy pa se waarskuwin­g sal Ian oorreed om dit te doen.”

Op Maandag 14 Mei besluit Yolandi die speletjie is verby. “Sy erken aan Ian haar affair met hom was net ’n front om meer inligting oor Eugene te kry,” sê Trix. “Sy vertel hom sy is ’n voormalige polisievro­u en hits Ian aan om teen Eugene te draai, of Ian sal vir sy eie misdade tronk toe gaan.”

Ian is onkant gevang deur die onthulling, maar oorreed Yolandi om hom meer tyd te gee om daaroor te dink.

’N MOORD VIND PLAAS

Aan die einde van die episode op Maandag 14 Mei ontbied Ian Yolandi na sy kantoor. Maar wanneer Ian vir die afspraak opdaag, lê Yolandi se lyk op die vloer! Dis dan dat Chris daar aankom – Ian het hom net voor dit gebel, alles van Eugene en Yolandi vertel en Chris se hulp gevra.

Chris dink dadelik Ian het haar vermoor, sê Marcel. “Maar Ian ontken dit en besluit om Tim die blaam te gee. Ian vertel vir Chris Tim het al vir Eugene met sy dwelms gehelp. Hy kon Yolandi in opdrag van Eugene vermoor het.” Op Dinsdag 15 Mei oorreed Ian vir Chris om van Yolandi se liggaam ontslae te raak. “Chris stel dan voor hulle sit haar in die Bridge en brand die plek af, saam met al die dwelms wat Eugene tans daar bêre,” verduideli­k Marcel.

EUGENE SOEK VERGOEDING

Ruiterbosc­h is in rep en roer op Woensdag 16 Mei wanneer hulle hoor die Bridge het afgebrand en Yolandi se lyk is daar gevind. Eugene is woedend en eis van Ian om hom te vergoed vir sy dwelmvoorr­aad wat hy verloor het. “Ian besef hy het homself in ’n hoek gedryf,” sê Abdu. “En daar is geen maklike manier om daaruit te kom nie.”

 ??  ?? Chris konfrontee­r Yolandi oor haar ware identiteit.
Chris konfrontee­r Yolandi oor haar ware identiteit.
 ??  ?? Eugene soek vergoeding by Ian vir die dwelms wat hy in die brand verloor het.
Eugene soek vergoeding by Ian vir die dwelms wat hy in die brand verloor het.
 ??  ?? Tim (links) waarsku Ian oor sy betrokkenh­eid by Eugene.
Tim (links) waarsku Ian oor sy betrokkenh­eid by Eugene.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa