TV Plus (Afrikaans)

’n Taboe-onderwerp

Michelle smeek Siya om sy verkragtin­g by die polisie aan te meld.

-

Suidooster Weekdae kykNET (*144) 18:30

Michelle (Greta Pietersen) probeer op Woensdag 9 Mei tot verhaal kom nadat haar kêrel Siya (Gantane Kusch) haar die vorige dag uiteindeli­k vertel het hy is verkrag toe hulle in April deur skobbejakk­e in sy woonstel aangeval is.

Dit het gebeur toe die skurke Siya na ’n kitsbank geneem het om al sy geld vir hulle te trek. “Die nuus breek Michelle se hart,” sê Greta. “Sy het geweet daar is iets wat Siya vir haar wegsteek, maar sy sou nooit in haar wildste drome kon dink hy is verkrag nie.”

Maar Siya moet op die herstelpad kom en op Donderdag 10 Mei smeek Michelle hom om sy verkragtin­g by die polisie aan te meld, maar Siya, wat steeds paniekaanv­alle kry, weier volstrek.

HOU DIT VIR JOUSELF

As ’n dokter weet Siya hoe om beseerde pasiënte met chirurgie en medisyne gesond te maak, maar wanneer ’n mens emosionele trauma beleef het, het jy sielkundig­e hulp nodig. Maar Siya is nog nie reg vir ’n berader nie en ook nie om die polisie te vertel nie. “Siya is oortuig daarvan die polisie gaan hom uitlag wanneer hy hulle vertel,” sê Gantane. “Hy dink die polisie gaan hom nie ondersteun nie, want daar kleef ’n groot stigma aan mans wat verkrag is en dis ’n verbode onderwerp.”

Op Vrydag 11 Mei vra Siya se vriend Ty (Maurice Paige), wat weet hy’s verkrag, hulp met sy hofsaak. “Siya se duur horlosie is tydens die aanval gesteel en Ty het (vroeër in Mei) ’n man wat die moontlike gemaskerde aanvaller was, met die horlosie in die Suidooster-Sentrum gesien en die horlosie teruggevat,” vertel Gantane. “Die man het ’n klag van diefstal teen Ty gelê, en Ty hoop as Siya by sy verhoor getuig, sal Ty tronkstraf kan vryspring. Maar dit beteken Siya gaan oor die verkragtin­g moet praat en dit wil hy nie doen nie.”

OP DIE HERSTELPAD

Ná introspeks­ie besef Siya op Dinsdag 15 Mei hy het Ty, wat net beboet is, in die steek gelaat. “Hy vra Ty om verskoning en bied aan om sy boete te betaal,” vertel Gantane. Siya bly oor die saak dink en teen Vrydag 18 Mei besef hy hy moet die polisie vertel, anders sal hy van sy kop af raak. Met Michelle se bystand gaan lê hy ’n verklaring af, en hopelik sal hy ook later berading kry. Nou moet die polisie net die mans vastrek, al beteken dit Siya sal die gebeure tydens die hofsaak moet herleef.

 ??  ?? Michelle probeer Siya ná sy onthulling ondersteun.
Michelle probeer Siya ná sy onthulling ondersteun.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa