TV Plus (Afrikaans)

Slim vang haar baas

Alfred vermoed onraad wanneer skoolhoof Thobakgale geld van die sportproje­k steel vir haar persoonlik­e gebruik.

-

Skeem Saam Weekdae SABC1 (*191) 18:30

Skoolhoof Thobakgale (Elizabeth Serunye) se reputasie as ’n prinsipaal wat alles volgens die boek doen, is in die weegskaal op Donderdag 10 Mei. “Sy’s rasend,” verduideli­k Elizabeth. Die skoolhoof het ’n teenkorrup­siebeleid by Turfloop Hoër toegepas, maar verbreek haar eie reëls deur op Woensdag 9 Mei van die skoolfonds vir haarself te gebruik. Borge vir die nuwe sportkompl­eks vra vir ’n vorderings­verslag op Donderdag 10 Mei, maar “hulle het nooit ’n projek-spertyd bepaal toe hulle die geld in April gegee het nie. Sy het gedink sy het tyd!” sê die aktrise. Prinsipaal Thobakgale het nie so gou vrae verwag nie en sy vermy die borge. Sy moet vir tyd speel, maar ’n vyand wag in die skaduwee: Die onderwyser Alfred (Putla Sehlapelo), wat sy oog op die skoolhoof se pos het om ’n beter salaris te verdien en sy eie kontantkri­sis op te los.

KLAP DIE SWEEP

Al het niemand nog agtergekom daar is geld weg nie, merk die onnie meneer Manaka (Skhumbuzo Mbatha) prinsipaal Thobakgale se ongewoon senuagtige gedrag op Vrydag 11 Mei op. Die skoolhoof loop op eiers en maak seker daar word nie oor geld en sportvelde gepraat nie. Sy maak ook seker niemand vind uit waarheen sy was ná die onderwyser­svergaderi­ng op Maandag 30 April nie. “Sy was na ’n ‘finanskonf­erensie’,” sê Elizabeth. “Dis die eerste keer dat sy so iets doen. Sy was desperaat om haar persoonlik­e probleme op te los en het die sportkompl­eks-projek se implemente­ring ‘aangeskuif’ tot sy tyd het om die geld terug te betaal.” Die aktrise sê haar karakter “besef sy kan afgedank of selfs geskors word uit die onderwys weens haar besluit!”

TREK TOUTJIES

Alfred sit twee en twee bymekaar op Woensdag 16 Mei wanneer Manaka hom van die borge vertel en hoe hul skoolhoof op hul versoek reageer het. “Die prinsipaal verwag nie die verraad nie,” sug Elizabeth. “Sy vertrou Alfred. Dit gaan te veel wees!”

 ??  ?? Alfred (inlas) ruik bloed wanneer skoolhoof Thobakgale slegte nuus kry.
Alfred (inlas) ruik bloed wanneer skoolhoof Thobakgale slegte nuus kry.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa