TV Plus (Afrikaans)

G’n kinderspel­etjies

Mrekza en Lucy se romanse is weer op die rotse wanneer sy weier om sy baba te hê.

-

Generation­s – The Legacy Weekdae SABC1 (*191) 20:00

Die gewoontemi­sdadiger en deesdae entreprene­ur Mrekza (Kope Makgae) laat die geld inrol met sy klub, maar die enigste ding wat hy in sy lewe mis is ’n baba. Nie dat hy nie probeer nie . . . Mrekza vra sy restaurant­baas-meisie Lucy (Manaka Ranaka) al maande lank om vir hom ’n erfgenaam te gee, maar sy wil nie meer kinders hê nie. Lucy was in die tronk terwyl haar tienerdogt­er

Namhla ( Thulisile Phongolo) grootgewor­d het en sy wil nie nog ’n kind teleurstel nie, sê Kope. “Lucy dink oor dinge. Sy sê sy’s te oud om nog ’n kind te hê en sy wil nie nog ’n baba in haar chaotiese wêreld inbring nie. Maar dit gaan nie keer dat Mrekza die baba kry wat hy wil hê nie – met of sonder Lucy.”

BEROOF DIE WIEGIE

Wanneer Lucy uit haar slaapkamer kom op Woensdag 9 Mei stel Mrekza sy plan in werking. “Soos die twyfelagti­ge ou wat hy is, maak hy gaatjies in ’n kondoom met ’n naald en steek dit in sy sak wanneer hy Lucy hoor aankom. Hy moes van die bewyse ontslae geraak het, want sy kry dit,” verduideli­k Kope. Lucy, wat gebruik en teleurgest­eld voel, skop haar kêrel uit – en nie vir die eerste keer nie. “Sy sê hom net daar af! Hulle kan nie hieroor saamstem nie en Lucy dink dis beter dat hulle uitmaak as om gedurig oor ’n baba te stry,” voeg die akteur by.

Dis nie maklik vir Lucy om die man te laat gaan wat sy liefhet nie en sy stort op Donderdag 10 Mei ineen en betreur haar oorhaastig­e besluit. Kope onthul: “Mrekza en Lucy is sielsgenot­e, maar hulle is albei koppig en nie een wil skik nie. Pleks van smeek probeer hy van Lucy vergeet en gaan soek ’n vrou wat saam met hom kinders sal hê.”

BEWEEG AAN

Mrekza begin sy een aand van passie op Maandag 14 Mei met ’n vreemdelin­g wat hy by ’n klub ontmoet het. “Maar wanneer hy die volgende oggend wakker word, dink hy aan Lucy,” sê Kope. Ná ’n onenigheid is Mrekza gewoonlik die een wat toegewings maak, maar nie die keer nie, verduideli­k die akteur. “Selfs wanneer Lucy hom smeek vir nog ’n kans op Donderdag 17 Mei, gee hy nie in nie. Mrekza wil hê Lucy moet sy gevoelens in aanmerking neem. Hy sal net teruggaan na haar as sy belowe om hom te help om ’n pa te wees.” Soos hulle altyd sê, moet nooit “nooit” sê nie . . .

 ??  ?? Mrekza gaan sukkel om Lucy swanger te kry.
Mrekza gaan sukkel om Lucy swanger te kry.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa