TV Plus (Afrikaans)

Sterre in haar oë

MaNgcobo wil matchmaker vir MaMlambo speel, maar MaMlambo het Mnr. Reg gevind – MaNgcobo se man!

-

Uzalo Weekdae SABC1 (*191) 20:30

Uzalo-fans begin op Woensdag 9 Mei agterkom daar’s ’n vonk tussen die sangoma MaMlambo (Gugu Gumede) en haar vriendin MaNgcobo (Dawn Thandeka King) se man, die “hervormde” gangster Nkunzi (Masoja Msiza). “Ons het dit nie te ooglopend probeer maak nie om afwagting te skep. Kykers sal ’n klein verskil in die interaksie tussen hulle opmerk, en dit sal lei tot wat ek ‘hierdie skokkende romanse’ noem,” lag Gugu. MaNgcobo sien nie eens raak wat onder haar neus aangaan nie, want sy besluit op Donderdag 17 Mei om matchmaker vir MaMlambo te speel.

STOUTE VRIENDIN

Gugu sê sy praat nie haar karakter se optrede goed nie. “Dis skokkend en gemeen! Maar ek kan insien hoe dit gebeur het. Ek speel MaMlambo al drie jaar lank en ek ken haar kwesbaarhe­id. Sy’s ’n goeie karakter, want sy soek geluk. Ek kan op ’n manier verstaan hoe sy iets doen wat sy gedink het sy nooit sal doen nie. Sy’s nie ’n fan van Nkunzi nie – sy weet wat sy al gesien het. Maar nou kyk sy met ander oë na hom. Hy behandel haar op die regte manier. Dis ’n geval van betrokke raak by iemand wat nie jou soort is nie, maar jy kry wat jy nodig het by die persoon,” sê Gugu.

NUWE MAN, NUWE VOORKOMS

Wanneer MaMlambo se afgeskeept­e hart geliefd begin voel, sien ons hoe haar innerlike skoonheid na vore kom, danksy ’n salon-oormaakses­sie op Vrydag 18 Mei. “Dis ’n subtiele maar gepaste veranderin­g. Nkunzi vertel haar sy’s mooi. Sy begin dit glo. Sy gaan na die salon toe en sê vir hulle: ‘Ek wil goed voel oor myself’,” vertel Gugu. Agter die skerms moes die Uzalo-span fyn trap. “Ek is mal oor vlegseltji­es. Ek hou daarvan dat my hare op ’n sekere manier gedoen word, maar dit was buite die kwessie vir MaMlambo. Ek word 27 in Desember en sy’s omtrent 44. Ons moes vir haar ’n gesofistik­eerde, ‘meer volwasse’ haarstyl gee. Die kopdoek laat haar oud lyk en moes waai, maar ons moes haar ook nie te stylvol maak nie,” skerts Gugu.

Maar nadat MaNgcobo op Dinsdag 22 Mei byna vir MaMlambo en Nkunzi betrap, is ons meer bekommerd oor die wraak van ’n vrou as ’n nuwe voorkoms . . . MaNgcobo kan maklik ’n romantiese vyand van ’n krans afstoot.

 ??  ?? MaMlambo is ’n ander mens by die “hervormde” gangster Nkunzi. MaMlambo se “kopdoekvoo­rkoms” kry ’n oormaak.
MaMlambo is ’n ander mens by die “hervormde” gangster Nkunzi. MaMlambo se “kopdoekvoo­rkoms” kry ’n oormaak.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa