TV Plus (Afrikaans)

Mangi beweeg aan

Ná 13 jaar van drama, dwelms en bedrog het Mangi Nyathi uiteindeli­k genoeg gehad!

-

Scandal! Weekdae e.tv (*194) 19:30

Vrydag die 13de April was ’n baie ongelukkig­e dag vir Mangi Nyathi (Kagiso Modupe), wat eers halfdood geslaan is deur sy neef Quinton (Brighton Ngoma) voor hy van ’n dak afgegooi is deur sy eksvrou Dintle (Mapaseka Koetle). Mangi was in die geheim in ’n koma in ’n privaat hospitaal sedert Woensdag 18 April. Toe hy uiteindeli­k op Donderdag 3 Mei bygekom het, kon hy glad nie onthou wie hy is of hoe hy daar beland het nie. Maar as Quinton en Dintle baie het om te verduideli­k oor die afgelope maand, is dit nog niks in vergelykin­g met al die drama in die oudtronkvo­ël Mangi se lewe tot dusver nie. “Die ou het baie deurgemaak,” vertel Kagiso. “Daar was die eks met selfdoodne­igings. Dwelms. Hy’t taamlik baie gedrink. Hy was ’n seksslaaf. Dit was ’n rowwe lewe en sy lys van ‘misdade’ is lank. Ek dink daar’s selfs moord op daai lys,” voeg Kagiso by.

WIPWARIT

Vir fans gaan dit ’n emosionele wipwarit tussen Mangi en Quinton wees op Vrydag 11 Mei voor Mangi ons op Maandag 14 Mei groet. Die laaste tonele is al ’n hele ruk in die vooruitsig vir Kagiso, wat sedert 2017 self ’n storm van lewensvera­nderings deurmaak. Die akteur het op Dinsdag 6 Maart vanjaar, kort ná die dood van sy medespeler

Sandy Mokwena (Bra Eddie) op Woensdag 24 Januarie, sy besluit getwiet om Scandal! te verlaat. “Dis moeilik om nou selfs net na Sandy te verwys, want hy was sedert die eerste dag my mentor en ‘pa’. Ons gaan aan, maar dis erg om hom nie hier te hê nie en daar’s ’n reuse- gat in die middel van die span,” erken Kagiso.

OOR EN UIT

Kagiso noem die verfilming van Mangi se finale tonele “emosioneel”. “Dit was ’n lang tyd as Mangi, 13 jaar! Ek het besef ‘dis nou dit’ toe ek op die stel stap vir die laaste skote. Ek dink al sedert verlede jaar daaraan, en skielik was dit hier.” Die akteur beskryf sy Scandal!-vaarwel: “Dit was die gewone: toesprake, versnaperi­ngs, drukkies met die hele span. Daar was iets in my oog. Ek het nie gehuil nie!” hou hy vol. En hy verklap met “die laaste, laaste toneel” gaan fans weet Mangi verlaat ons sodra dit begin. “Dis waarskynli­k my gunsteling-toneel. Met al die storielyne wat kykers al laat regop sit het, die dwelms, die tronk . . . Ek dink sy vertrek gaan Mangi se grootste storielyn wees.”

 ??  ?? Quinton besoek sy neef Mangi in die geheim in die hospitaal.
Quinton besoek sy neef Mangi in die geheim in die hospitaal.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa