TV Plus (Afrikaans)

Terug vir wraak

Meme beplan meer as moeilikhei­d vir die wrede KK.

-

Muvhango Weekdae SABC2 (*192) 21:00

Almal dink hulle het die laaste van die moeilikhei­dmaker Meme (Tsholofelo Matshaba) gesien toe sy in 2013 uit die dorp weg is. Maar sy het teruggewal­s op Muvhango-skerms op Maandag 7 Mei en het dadelik die sakeman KK (MacDonald Ndou) in haar visier. En met goeie rede, sê Tsholofelo. “Vroeër, in 2011, was Meme in ’n verhouding met KK waarin hy haar mishandel het. Sy het hom in 2012 verlaat en ’n verhouding aangeknoop met Pheko (Rapulana Seiphemo), wat tot hul verlowing gelei het. Dit het ook nie uitgewerk nie weens nare afpersing, en Meme het landuit gevlug uit vrees vir haar lewe.” Nou is Meme terug en sy’t nie net ’n dikker vel nie, waarsku Tsholo: “Sy soek wraak en sy wil hê haar mishandela­ar moet om verskoning vra!”

VREDE EN VREES

KK voel die veranderin­g in sy eks aan en is nie seker of hy vrede moet probeer maak nie. “Hy is bang,” onthul MacDonald. “Hul geskiedeni­s bestaan uit geweld en misbruik, hoewel dit in KK se boekies in die naam van liefde gedoen is.” Die akteur voeg by KK gaan die keer nie so maklik daarvan afkom nie, want “Meme ken hom te goed. Sy’s soos ’n spieëlbeel­d van hom en weet presies hoe hy dink.”

GEVAARLIK VERLIEF

Omdat hy dink hy kan Meme weer manipuleer, lê KK op Woensdag 16 Mei by haar aan. Maar hy’s nie bewus van haar aanvalspla­n nie, lag Tsholo. “Sy verlei hom en hy gee in.” MacDonald voeg by “KK verkrummel. Sy is anders en sexy en sjarmant.” KK bely selfs sy liefde vir Meme op Donderdag 17 Mei. Maar Meme verloor nie fokus nie wanneer hy haar op Dinsdag 22 Mei om verskoning vra vir die hel wat hy haar laat deurmaak het. “Meme gaan nie toelaat dat KK met haar kop smokkel nie.” Maar wat as hy regtig berou het en probeer vergoed? Dis dalk te min, te laat . . .

 ??  ?? Meme is nie om dowe neute terug nie, maar die verliefde KK (inlas) is onbewus van die gevaar.
Meme is nie om dowe neute terug nie, maar die verliefde KK (inlas) is onbewus van die gevaar.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa