TV Plus (Afrikaans)

Van boos na goed?

Lincoln het ’n nuwe blaadjie omgeslaan, maar nie almal in Horizon Deep glo sy “kom ons wees pelle-” ingesteldh­eid nie.

- Isidingo

Weekdae SABC3 (*193) 19:00

Die skuldig bevinde moordenaar Lincoln Sibeko (Lindani Nkosi) is einde April vrygelaat, maar om terug te wees in die dorp is nie wat die mense laat praat nie, verklap die akteur. “Lincoln is vrygelaat vanweë ’n regter se besluit. Laat ons dit duidelik stel: hy is nie vrygespree­k van die moord op sy vrou Katlego (Kgomotso Christophe­r, in April 2016) nie. Lincoln beweer hy het sy weë verander sedert hy agter tralies was.” En die veranderin­g was duidelik vanaf Vrydag 4 Mei toe Lincoln sy vyande Nina en Gabriel (Khabonina Qubeka en Aubrey Poo) vir ete nooi. Al vrees hulle die ergste, verduideli­k Lindani hulle is was nooit in gevaar nie toe hulle op Maandag 7 Mei vertrek. “Lincoln is hernuwe en hy wil ‘dinge regmaak’ op ’n vreedsame manier,” verduideli­k Lindani.

HOU JOU VRIENDE NABY . . .

Moenie dink die sakeman het vergewe en vergeet nie, waarsku Lindani. “Hy speel sielkundig­e speletjies, pleks van ’n fisieke een. Lincoln weet presies wie hom en sy familie verraai het terwyl hy in die tronk was en hy weet van sy dogter Nikiwe (Linda Sokhulu), wat deur Nina en Gabriel [sedert Januarie] bedwelm is.” Dis hoekom hy hulle vir ete genooi het om te sê: “Ek wil nie baklei nie en ek wil nie wraak neem nie; kom ons maak dinge reg.” Iemand anders wat deel is van Lincoln se planne is Nikiwe se beste vriend, Benjamin (Arno Marais), wat kry waarvoor hy gesmeek het op Woensdag 9 Mei: die baasposisi­e van Sibeko Gold. “Lincoln is geen dwaas nie en weet wat hy doen,” voeg Lindani by. “Hy weet hoe om sy pionne soos Benjamin, Nina en Gabriel te manipuleer, al besef hulle dit nie.” Benjamin bedank selfs vir Lincoln omdat hy hom gehelp het en dink “Lincoln [is] lojaal” op Donderdag 17 Mei, maar besef nie hy help Lincoln met iets groters nie.

DIE NUWE MNR. BOOS

Al is Barker Haines (Robert Whitehead) amptelik dood en nie meer The Deep se slegste ou nie, weet Lindani nie of sy karakter die posisie sal aanvaar nie. “Die potensiaal is daar. Tans wil Lincoln die probleme met sy familie en besigheid oplos en dinge op ’n goeie plek kry. Dis nog vroeg, maar die potensiaal is daar.”

 ??  ?? Nina (links voor) en Gabriel (regs voor) is versigtig vir hul vyand Lincoln se nuutgevond­e “hart”.
Nina (links voor) en Gabriel (regs voor) is versigtig vir hul vyand Lincoln se nuutgevond­e “hart”.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa