TV Plus (Afrikaans)

Die vyand van my vyand

Victor en Stefano span saam om Kate te uitoorlê deur Victor die vals vriend te laat speel.

-

Days Of Our Lives Weekdae e.tv (*194) 17:15

Dis ’n aanbod van sy nemesis wat Victor

Kiriakis (John Aniston) moeilik kan weier. Stefano

DiMera (Joseph Mascolo) kontak hom op Donderdag 10 Mei en skimp: “Ek hoef jou nie daaraan te herinner ons het ’n gemeenskap­like vyand nie, nè?” Inderdaad! Die Kiriakis- en DiMeraclan­s het hul mes in vir

Clyde Weston (James Read) – die man wat Stefano se geliefde seun EJ (James Scott) in Desember 2017 laat vermoor het; dieselfde man wat probeer het om Victor se kleinseun Sonny (Freddie Smith) op Donderdag 5 April te laat vermoor. Maar pleks daarvan om Clyde aan te vat, teiken die twee konkelaars sy minnares, Kate (Lauren Koslow)!

SLINKSE MAGSPEL

Victor vertel Kate doelbewus van Stefano se oproep en maak haar bedag op ’n slim ooreenkoms met ’n maatskappy wat sy kan opraap. In ruil vir die inligting wil Victor hê Kate moet ’n stewige deel van die DiMera Enterprise­s-wins aan hom oorteken. Maar sowel Victor as Stefano speel die spel meesterlik en maak dit onmoontlik vir Kate om haar oog op die bal te hou. Net wanneer sy dink sy gaan die DiMera-raadslede op Dinsdag 15 Mei met haar triomf verras, vind sy uit die “ongeloofli­ke aanbod” was allesbehal­we waar. Nes voorheen word sy uit die raadsaal gegooi op Woensdag 16 Mei, en die raad besluit eenparig om Stefano weer as uitvoerend­e hoof in haar plek aan te stel.

PRET EN WRAAK

Albei mans het hul pret gehad – ons sal nooit moeg word vir Stefano wat denkbeeldi­ge operas dirigeer terwyl hy konkel, of vir Victor se duiwelse laggie nie. Maar hulle moet op hul hoede wees, waarsku Lauren. “Buiten vir die Kate-Stefano-drama het sy so hard gewerk vir die pos en sy het dit goed gedoen. Dis wat sy nog altyd wou hê. Weens die ding [tussen haar en Clyde] en haar verlede [met Stefano] gaan sy alles verloor. Kate behoort in beheer te wees. Sy het die maatskappy weer op die regte pad gekry. Sy verdien dit!”

 ??  ?? Die “konkelkoni­ngin” Kate proe vir ’n slag van haar eie medisyne.
Die “konkelkoni­ngin” Kate proe vir ’n slag van haar eie medisyne.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa