TV Plus (Afrikaans)

Spog met ander se vere

Shirley Spectra is hard aan die werk om die Spectras terug te plaas op die modekaart.

-

The Bold & The Beautiful Weekdae SABC3 (*193) 17:30

Shirley (Patrika Darbo) is so vasbeslote om met Spectra Fashions se tweede modeverton­ing op Vrydag 18 Mei die loopplanks­pektakel van die vorige keer te voorkom dat sy nie huiwer om ’n gesteelde Forrester-ontwerp of twee in te span nie . . . Spectra se eerste modeverton­ing op Vrydag 30 Maart was ’n ramp, want die bose sakeman

Bill Spencer (Don Diamont) het joernalist­e betaal om weg te bly. Boonop het hy die enigste skrywer vergoed om die ontwerpe af te skryf. Maar Patrika waarsku: “Die Spectras is vasbyters. Shirley is hier vir haar familie, al gebeur wat ook al.”

VERTOON DIE UITRUSTING

Sally Spectra (Courtney Hope) loop skaamteloo­s op die loopplank in ’n Forrester-rok so reg uit die sketsboek. Sally se suster

Coco (Courtney Grosbeck) werk as intern by die Forresters en weet nie die borsspeld wat Shirley op Donderdag 12 April vir haar gegee het, bevat ’n spioenasie­kamera nie. “Vandag maak ons modegeskie­denis!” sê Shirley vir Sally.

Maar Sally se opgewonden­heid duur nie lank nie, want haar gewete pla haar oor Shirley se verraad. Shirley kap terug met: “Dis jou ontwerpe . . . met die hulp van jou vriende.” Maar Shirley se uitvretery eindig nie daar nie en op Vrydag 18 Mei gil sy vir ’n model: “Is dit lipstiffie of is jy siek? Stel dit reg!”

DIE SKRIF IS AAN DIE MUUR

Wanneer die modelle op die loopplank verskyn, besef Coco sy kyk na Forrester-ontwerpe. Haar date vir die aand,

Thomas Forrester (Pierson Fodé), is verstom. “Hoe kon jy?” Hy sê vir Sally op Maandag 21 Mei: “Jy en jou familie is niks meer as diewe nie.” Sally hoor dit en besef wat gebeur, verduideli­k Courtney. “Sy weet die skrif is aan die muur. Die Forresters gaan wraak neem.”

 ??  ?? Sally is die voorwerp van bespotting in haar “Spectra-” uitrusting. Shirley het vir Sally niks van die gesteelde ontwerpe gesê nie.
Sally is die voorwerp van bespotting in haar “Spectra-” uitrusting. Shirley het vir Sally niks van die gesteelde ontwerpe gesê nie.
 ??  ?? Sally besef nie die sketse is gesteel nie.
Sally besef nie die sketse is gesteel nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa