TV Plus (Afrikaans)

Nou in Amerika

-

BOLD

Brooke en Ridge probeer uitwerk hoekom Bill sy bewering dat Ridge hom geskiet het, teruggetre­k het, en Bill fokus op wat hy ná sy nabydood-ervaring wil hê – en dit is Steffy terug in sy arms en terug in sy bed. Hope is verward wanneer Liam ’n bietjie “ektyd” wil hê, Steffy het rede om te glo Liam gaan by haar bly, en Hope en Maya bespreek verhouding­s wanneer hulle saamwerk aan die nuwe Hope For The Future-reeks. Bill sê vir Liam hy het Liam en Steffy uitmekaar probeer kry, en wie het Bill regtig geskiet – kon dit Taylor wees?

DAYS

Claire sal enigiets en alles doen om Bella’s Fresh Face te word – ook om Ciara se twyfelagti­ge eks-fling Wyatt te help om Ciara met net een stem te klop. Will ondersoek Paul se bewerings dat Vivian en Leo saamwerk, en Stefan, wat obsessief is oor Abby se plaasverva­ngende persoonlik­heid Gabby, sluit Vivian saam met Marlena toe nadat Vivian met hom probeer redeneer het. Gabi bring haar vreesaanja­ende eerste dag in die tronk deur, Gabby sluit Kate saam met Marlena en Vivian toe, en Stefan en Gabby het seks nadat hulle besluit het om saam uit Salem te vlug. Later daag Chad ongenooid by die Stefan- Gabby-partytjie op en is geskok wanneer hy Abby saam met Stefan in die bed sien.

Y&R

Sharon se gaste sluit ’n geheime pakt by hul vriendin se partytjie-aand, en Nikki hou wag by Victor se bed nadat ’n geheimsinn­ige vrou hom probeer vermoor het. Victor kan nie kommunikee­r nie en dui swakkies aan JT weet wie hom aangeval het, en Hilary word flou nadat sy hoor hoe Devon dinge oor haar met Simone bespreek. Hilary kom by en begin planne maak om ’n baba in te span om ’n houvas op Devon te hê, en Paul soek na JT, wat steeds vermis is nadat Nikki hom met die kaggel se vuuryster bygekom het omdat hy Victoria mishandel. En Jack het ’n luide konfrontas­ie met Victor.

 ??  ?? Nikki steek ’n bloeddorst­ige geheim weg terwyl sy by Victor waak.
Nikki steek ’n bloeddorst­ige geheim weg terwyl sy by Victor waak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa