TV Plus (Afrikaans)

Stylvolle speurders

Om skurke te arresteer het nog nooit beter gelyk as in Miami Vice nie.

-

Miami Vice Seisoen 2 Vrydae SABC3 (*193) 12:00 (begin 18 Mei)

Speurders Crockett en Tubbs (Don Johnson en Philip Michael Thomas) is die koelste katte in die Miamipolis­iedepartem­ent wanneer seisoen 2 van Miami Vice (1984-1990) in die volgende twee weke begin. “Ons het net gekliek,” onthul Don. “Ek het ’n vyf minute lange oudisie met Philip gehad en teen die einde van seisoen 1 het dit gevoel ons ken mekaar al jare. En jy kan daai vonk sien – ons het uitgekyk vir mekaar. Jy moes wanneer jou werkdag 16 uur lank was. Dit het ons onderskei van ander reekse.”

LYK GOED

Miami Vice het TV-uniforms vir altyd verander, lag die twee akteurs. Don sê: “Dit was aaklig. Ek dra ’n baadjie, met ’n holster, met sokkies. Ek het seisoen 2 kom werk sonder sokkies, in ’n V-nekhemp en met my baadjiemou­e opgerol, want dit was so bedompig.” Philip voeg by: “Ons was stylvol met alles – tegnologie, talent en musiek. Ons het nie by die norm gepas nie. G’n speurder hol rond in Versace nie, net ons!”

BEPAAL DIE STANDAARD

Vanweë seisoen 1 se sukses het borge tou gestaan om hul produkte vir seisoen 2 aan te bied. Don het niks van sy karakter se pistoolhou­er gehou nie en die Jackass Leather Company se voorsitter het persoonlik vir hom een geskep, “The Miami Classic”. Die wapenhande­lsmerke Smith & Wesson en Glock se vuurwapens is in seisoen 2 begin gebruik. “Maar die beste was die motors,” sê Don, met sy karakter Crockett “wat meisies optel in my Ferrari. Dit was oulik!”

 ??  ?? Crockett (links) en Tubbs trek informeel aan. ONS KOM TERUG Buiten die 2006-fliekweerg­awe met Colin Farrell en Jamie Foxx as Crockett en Tubbs, word ’n nuwe weergawe vir 2019 gemaak met die fliekster Vin Diesel.
Crockett (links) en Tubbs trek informeel aan. ONS KOM TERUG Buiten die 2006-fliekweerg­awe met Colin Farrell en Jamie Foxx as Crockett en Tubbs, word ’n nuwe weergawe vir 2019 gemaak met die fliekster Vin Diesel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa