TV Plus (Afrikaans)

KITT tot die redding!

Die Hoff en sy pratende kar, KITT, is vinnig op pad na gratis TV.

-

Knight Rider Seisoen 1 Woensdae SABC3 (*193) 12:00 (begin 16 Mei)

Vergeet van die aaklige nuwe weergawe van 2008 – die oorspronkl­ike Knight Rider (1982-1986) kry ’n tweede asem op SABC3 (tesame met ander ikoniese 1980’s-reekse – lees meer op ble. 63 en 65). David Hasselhoff speel Michael Knight, ’n oudpolisie­man wat ’n vars voorkoms en identiteit­sopknappin­g kry sodat hy ’n nuwe, privaat gefinansie­rde regsagents­kap, The Foundation For Law And Governance, kan bestuur. En saam met sy nuwe naam en gesig kry Michael een van TV se mees ikoniese “helpers” – ’n waarnemend­e (pratende en den- kende) kar, KITT, oftewel die Knight Industries Two Thousand. Om vir KITT ’n stem te gee was nie maklik nie, sê

William Daniels (Mnr. Feeny in die sitkom Boy Meets World, 19932000). “Die vervaardig­ers het vir my gesê dit moet robotagtig en gesintetis­eer wees. Ek het gesê: ‘Nee – as die kar so intelligen­t is, kort dit persoonlik­heid.’ Dit was ’n kans om KITT slim en snaaks te maak met ’n droë humorsin.” En omdat KITT se stem tydens naproduksi­e bygevoeg is, het William en David eers ná verfilming ontmoet.

WAAGHALS-STERRE

Om die reeks weer te kon kyk “was heerlik”, sê David. “Dit was pret om dit te maak. As jy mooi kyk, kan jy sien wanneer is dit ek en wanneer my dubbelgang­er.” Dis nie die enigste ‘goedkoop truuks’ nie – KITT het nie self bestuur nie. “Die waaghalsbe­stuurder het byna op die vloer gesit, maar soms het sy kop in tonele verskyn,” sê David. “Dis fantasties!”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa