TV Plus (Afrikaans)

Komiese ruimtevlug

Reis saam met Die Vlieënde Springbokk­ie na B-Aarde.

-

Die Vlieënde Springbokk­ie Seisoen 1 Maandae SABC2 (*192) 19:00 (begin 14 Mei)

Dit is die jaar 2068 en die aarde is oorbevolk en die hulpbronne byna uitgeput. Mars blyk toe nie so aanloklik te wees as wat almal gedink het nie. Maar daar’s ’n ander planeet, B-Aarde, waar die aardse wesens hulle wil hervestig. Dit word ’n wêreldwye wedloop in die ruimte om hierdie planeet eerste te bereik. ’n Groep wetenskapl­ikes, astro-fisici en ruimteskip­bouers ontwerp ’n ruimteskip op aarde, Die Vlieënde Springbokk­ie, om die geskiedkun­dige reis na B-Aarde te onderneem. Die hele land staan bankvas agter Die Vlieënde Springbokk­ie en die ses bemannings­lede, maar die ruimtereis verloop nie sonder talle komiese gebeure en intriges nie.

MENSE, GEDIERTES EN BEVRORE LIGGAME

’n Reuse-ateljee wat soos die binnekant van ’n regte ruimteskip lyk, is die laaste paar maande by Urban Brew Studios se nuwe ateljees en kantore in Randburg gebou en met outentieke toerusting afgerond vir die verfilming van die reeks. Buiten die ses bemannings­lede wat met die hand uitgesoek is, is daar ’n kamer vol gediertes wat saamgaan na B-Aarde, asook bevrore liggame van bekende persoonlik­hede – en selfs ’n voormalige president, Kabenga Fourie.

“Die huidige president in 2068 maak haar verskyning in episode 9 en word deur Doreen Morris vertolk. ’n Paar ander liggame word tydens die reis ontvries en word deur verskillen­de akteurs vertolk,” vertel Burgert Müller, vervaardig­er by Urban Brew Studios.

ONTMOET DIE BEMANNING

In die toekoms word mense nie meer volgens ras geklassifi­seer nie, maar slegs volgens hul IK (intelligen­siekwosiën­t) en EK (emosionele intelligen­siekwosiën­t).

FJ (THANDI PUREN) IK = 5; EK = 5

FJ (40) is die dominerend­e kaptein. Sy het die perfekte gemiddelde en is die gesig van versoening. “FJ probeer al die probleme oplos, maar wanneer die bemanning dit uiteindeli­k self uitgestryk kry, neem sy die krediet vir haarself,” vertel Thandi. Haar dogter Lisa (Liza Scholtz) reis saam. FJ flankeer met die hele wêreld, maar haar enigste vertroueli­ng is OOM (die stem van Riaan Cruywagen), ’n rekenaar wat via die aarde met haar kommunikee­r en al die antwoorde het.

LISA (LIZA SCHOLTZ) IK = 8; EK = 8

Lisa is ’n ingenieur, ’n werkesel en perfeksion­is. “Haar werk is haar lewe en die ruimtevlug is haar grootste uitdaging tot dusver,” vertel Liza. “Sy wou eintlik wegkom van haar oorbeskerm­ende ma, FJ, maar toe beland hulle saam op dieselfde ruimtevlug.”

PAT (ANTOINETTE KELLERMAN) IK = 5; EK = 9

Pat is ’n hoogs intelligen­te wetenskapl­ike, plantkundi­ge en terapeut. “Pat het nie ’n ouderdom nie, sy is tydloos. Sy was al 15 keer getroud, is baie seksueel ingestel en hoogs verveeld met die lewe,” sê Antoinette. “Sy wil eintlik doodgaan en slaap elke nag in ’n doodskis. Wanneer daar ’n situasie opduik wat lyk of dit op haar dood kan afstuur, raak sy opgewonde.”

FARREL (WESLEY LAUDER) IK = 4; EK = 4

Farrel is die gesondheid­sen veiligheid­sbeampte. Hy is lieftallig en het geen kwade bedoelings nie. “Hy ly ’n bietjie aan FOMO [fear of missing out], dat hy iets spesiaals of prettigs sal misloop,” verduideli­k Wesley. “Hy is verveeld met die smaaklose ruimtekos en probeer hard om op die ruimteskip te braai.”

MOSSIE (NIKOLAI MYNHARDT) IK = 7; EK = 7

Die selfversek­erde Mossie is ’n avontuurlu­stige astroloods. Hy het al meer as 2000 ure op aarde gevlieg. ”Op skool was hy die vet seun wat gespot is en hy het toe kwaai begin oefen,” vertel Nikolai. “Hy is die haan onder die henne, onnutsig en bak gereeld poetse.”

MAK (DAVID ISAACS) IK = 207; EK = 1

Mak is die slimste bemannings­lid met ’n string grade agter sy naam. Hy is tweede in beheer van die ruimteskip. Sy emosionele intelligen­sie is baie laag en hy hou nie eintlik van mense nie.

 ??  ?? FJ (Thandi Puren) is die kaptein van die ruimteskip.
FJ (Thandi Puren) is die kaptein van die ruimteskip.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa