TV Plus (Afrikaans)

Die pa en die speurder

Brendon Daniels is in twee uiteenlope­nde rolle op die kassie.

-

Sara Se Geheim Seisoen 2 Dinsdae kykNET (*144) 20:00 Die Boland Moorde Seisoen 2 Saterdae kykNET & kie (*145) 20:00

Ons het almal asem opgehou aan die einde van seisoen 1 van Sara Se Geheim (2017-nou) toe

Maggie (Lee-Ann van Rooi) haar ekskêrel Ricky (Brendon Daniels) skiet. Ons was oortuig daarvan hy’s dood, maar toe verras hy ons en spoel in die slottoneel op die strand uit en klou net-net aan die lewe vas.

In die tweede seisoen staan Ricky soos die mitiese feniks uit die as op. In die eerste episode (10 April) het hy vir Aiden (Marlo Minnaar) vertel hy is sy biologiese pa – ’n onthulling wat Maggie tot elke prys wou vermy.

Volgens Brendon is dit die eerste van die geheime wat die seisoen op die lappe gaan kom.

DIE BAND TUSSEN PA EN SEUN

“Die sluier is gelig,” sê Brendon. “Die geheime is nie meer veilig nie, en nog geheime gaan onthul word, wat gaan sorg vir groot intrige en spanning die seisoen.”

Brendon is opgewonde oor die band wat tussen Ricky en Aiden gaan ontwikkel. “Vir Ricky is daar ’n dringendhe­id om Aiden beter te leer ken en na aan hom te wees. Ricky is teruggetro­kke, en die enigste ding waaraan hy nou klou, is hy’s Aiden se biologiese pa. Dit gee hom bestaansre­de – en dit maak hom baie gevaarlik.”

Maggie moet oppas, want Ricky wil dalk wraak neem. “Kom ek stel dit so,” terg Brendon, “wie het nou die hef in die hand?”

BRENDON EN SPEURDER SHANE

Op kykNET se susterskan­aal kykNET & kie (*145) vertolk Brendon die rol van speurder Shane Williams in die aksiereeks Die Boland Moorde (2013-nou). Die tweede seisoen word Saterdagaa­nde uitgesaai, en in teenstelli­ng met Ricky is Shane hardkoppig en vinnig op sy perdjie.

“Shane is ’n interessan­te karakter,” sê Brendon. “Hy sien die skakerings van grys in ’n saak wat hy ondersoek, maar sy speurderko­llega André Fourie (Stian Bam) sien net wit of swart.”

Elke karakter wat Brendon in sy 33 jaar as akteur vertolk het, was vir hom ’n uitdaging. “Ek gaan soek altyd die mens agter die karakter. Die skrywers help my ook om my rol te verstaan, maar daar kom ’n stadium waar ek die rol my eie moet maak om die karakter so geloofwaar­dig moontlik te speel.”

Brendon was tot onlangs in Knapsekêre­ls (Januarie-April 2018) op kykNET te sien as die prokureurp­a Schalk Fortuin. Die akteur speel ook van 12 Junie af in SABC2 se nuwe dramareeks Onder Die Suiderkrui­s, en in Julie sal Brendon ook in die nuwe kykNET-drama Fynskrif te sien wees. Ons kan nie wag nie!

 ??  ?? Brendon as die geslepe Ricky in Sara Se Geheim.
Brendon as die geslepe Ricky in Sara Se Geheim.
 ??  ?? Brendon (regs) as Shane en Stian Bam as André in Die Boland Moorde.
Brendon (regs) as Shane en Stian Bam as André in Die Boland Moorde.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa