TV Plus (Afrikaans)

Televisie-juweel

Cedwyn Joel slyp steeds sy toneelspee­ltalent.

-

Tussen Duiwels Seisoen 2 Maandae SABC Encore (*156) 21:30 (begin 14 Mei) Suidooster

Weekdae kykNET (*144) 18:30

Die Samsodien- gesin in die sepie Suidooster (2015-nou, lees meer op ble. 16-17) het al diep in kykers se harte gekruip. Tans is baie kykers vies vir AB (Cedwyn Joel) wat jare lank ’n geheim van Mymoena weerhou het [lees meer in die kassie regs].

Cedwyn sê hy is verstom oor sy karakter se groot following, soos hy dit noem, en “hoe kwaad hulle vir hom raak”. Maar dis eintlik ’n groot kompliment, want as sy karakter se storielyn kykers so kan omkrap, “dan is my vertolking van AB geloofwaar­dig”, sê hy trots.

KRITIESE OOG

“Ek kyk altyd met ’n streng kritiese oog na my toneelspel,” verklap Cedwyn, wat saans om 23:00 na herhalings van Suidooster op kykNET kyk. “Dis vir my belangrik om my vaardighed­e as akteur te bly slyp en vorm. Ek is nooit te oud om iets nuuts te leer nie,” sê die 65-jarige akteur, wat nog geen planne het om af te tree nie. “Maar so nou en dan gee ek myself ’n klop op die skouer wanneer ek na die eindproduk van Suidooster kyk en sien hoe goed ek in ’n toneel gespeel het.”

DISTRIK SES SE STORIE

Ons sien ’n jonger Cedwyn vanaf Maandag 14 Mei in die destydse dramareeks Tussen Duiwels (1996), wat op SABC Encore uitgesaai gaan word.

“Dis ’n klassieke storie wat afspeel teen die agtergrond van Distrik Ses,” vertel Cedwyn oor die Kaapse buurt wat in die 1970’s deur die apartheids­regering platgestoo­t is. Tussen Duiwels is die opvolg van die dramareeks Onder Engele (1995) uit die pen van die bekroonde draaiboeks­krywer Paul C. Venter, wat handel oor die September- gesin se lewe in Distrik Ses voor die stootskrap­ers gekom het.

In Tussen Duiwels word die storie hervat tien jaar nadat Distrik Ses tot niet verklaar is. Cedwyn vertolk die rol van pa Johnny, ’n man wat geruk is deur sy gesin se ontworteli­ng en sukkel om aan te pas in die nuwe staatshuis op die Kaapse Vlakte. “Johnny kyk gereeld te diep in die bottel, wat dinge moeilik maak vir sy gesin en veral vir sy vrou, Bokkietjie (Denise Newman), wat as ’n huishulp in ’n wit buurt werk.”

NOSTALGIE EN STAALTJIES

Cedwyn sê hy raak nostalgies wanneer hy aan die reeks terugdink. “Ons het in Johannesbu­rg geskiet, al speel die storie in die Kaap af. Spesiale stelle is gebou, wat die September-staatshuis insluit.”

Hy onthou ’n staaltjie: “Ons was besig met ’n toneel waar Johnny papdronk in die nag in die straat afloop, en dan op sy rug val en na die helder maan kyk. In sy dronkenska­p dink Johnny die maan is ’n lig en vra heeltyd die lig moet afgesit word.” Die regisseur en produksies­pan het lekker gelag, want Cedwyn het dit so goed gespeel dat hy werklik dronk gelyk het.

Twee van sy medespeler­s wat vir Cedwyn uitstaan, is Denise en Oscar Petersen, wat die 20-jarige Dial September vertolk, ’n dromer wat van die een joppie na die ander swerf. Denise speel nou saam met Cedwyn in Suidooster – sy is Bridgette October, die snobisties­e sakevrou. “Ek en Denise is steeds goeie pelle, sy is ’n profession­ele en bekwame aktrise.” En vir Oscar prys Cedwyn vir die oorgawe waarmee hy sy rol in Tussen Duiwels aangepak het.

STEEDS RELEVANT

Cedwyn sê die jongmense kan gerus na Tussen Duiwels kyk. “Dit sal hulle blootstel aan daardie stuk van SuidAfrika se geskiedeni­s en hoe dit die gemeenskap geraak het. En hopelik sal dit iets in hulle wakker maak sodat soortgelyk­e situasies in die toekoms voorkom kan word.”

 ??  ?? Cedwyn as AB in Suidooster (inlas). Die jonger Cedwyn (middel) as pa Johnny in Tussen Duiwels saam sy gesin (van links): seun Dial (Oscar Petersen), dogter Gawa (Euodia Samson) en sy vrou, Bokkietjie (Denise Newman).
Cedwyn as AB in Suidooster (inlas). Die jonger Cedwyn (middel) as pa Johnny in Tussen Duiwels saam sy gesin (van links): seun Dial (Oscar Petersen), dogter Gawa (Euodia Samson) en sy vrou, Bokkietjie (Denise Newman).
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa