TV Plus (Afrikaans)

Republiek wat rock

Die rock chic is terug met meer klets, komedie en musiek.

-

Republiek Van Zoid Afrika Seisoen 5 Donderdae kykNET (*144) 20:00 (begin 10 Mei)

Dis tyd vir president Karen Zoid om haar kabinet met parlements­lede – of dan eerder bekende persoonlik­hede – uit te brei. Oudergewoo­nte word die onderhoude met komiese skerpskets­e afgewissel en treffermus­iek rond alles af. “Ons poog met elke seisoen om op die vorige een te verbeter,” sê Karen. “Jy kan nooit terugsit en dinge as vanselfspr­ekend aanvaar nie. Die nuwe stel is groter en ons tegniese span het hul talente verder ontwikkel.” En kykers kan weer heelwat humor, roerende oomblikke en bobaasmusi­ek te wagte wees, belowe Carien Loubser, die vervaardig­er en regisseur van die gewilde program.

GESELLIGE KUIERS

Daar’s meer as een rede waarom Republiek Van Zoid Afrika so ’n groot aanhang het. Dis in 2016 en ook vanjaar met ’n SAFTA-prys vir beste gesprekspr­ogram bekroon, en het ook al ’n paar Huisgenoot Tempo-toekenning­s ingepalm. Karen skryf hul sukses hoofsaakli­k toe aan die informele styl en gevoel. “Die gaste gesels in ’n gesellige, warm sitkamer waar ons een minuut grappies maak en die volgende oomblik diep dinge deel. Elke gesprek ontvou en vloei soos die gevoel ons lei. Dit gaan vir my meer oor die samesyn as die onderhoude. Ons almal smag daarna in die moderne digitale era,” voeg Karen by.

NOG TREFFERLIE­DJIES

Karen is opgewonde oor haar gaste in seisoen 5. Sy wil nie uitlap wie almal by haar gaan kom hart uitstort nie, maar verklap ’n paar lusmakertj­ies. “Ek voer ’n onderhoud met die gevierde musikant Johnny Clegg. Daarby het ek Patri

cia Lewis oorreed om die eerste keer in sewe jaar te sing. En ek sing in Swahili saam met Yvonne Chaka Chaka.” (Episodenom­mers nog nie vasgestel nie).

Soos met die vorige seisoene word die liedjies wat Karen aan die einde van elke episode saam met ’n bekende sanger sing, onmiddelli­k in Apple se iTunes-aanlynmusi­ekwinkel beskikbaar gestel. Van die treffers, soos Karen en Francois van

Coke se liedjie Toe Vind Ek Jou, het al bo-aan trefferlys­te gepryk.

Sy kies die musiek noukeurig. “Ek maak voorstelle aan die sangers, en dan besluit ons saam op ’n liedjie. Ek verwerk al die musiek saam met my band en daarna repeteer ons ’n paar keer voor die opnames.”

MARINDA EN KIE IS TERUG!

Die reeks is ’n platform vir Karen se verskeie talente. Sy het in 2001 drama aan die AFDA-filmskool in Johannesbu­rg studeer en het in 2010 die naamrol in Franz Marx se fliek Susanna Van Biljon vertolk. Karen is mal oor toneelspee­l, veral komedie. “Ek spot graag met aktuele sake in ons samelewing, en die reeks gee my die kans om dit uit te leef.”

Karen vertolk verskillen­de rolle in die skerpskets­e: Sy is die panfluitse­nsasie Marinda Senekal met haar HolrieteCD in Keeping Up With Marinda, die skreeusnaa­kse mini-realiteits­reeks oor Marinda en haar ma, Muisie (Esther von Waltsleben), en kleinsus,

Mielie (Llandi Beeslaar). Karen is ook Annemari Ferreira, wat in ’n draaksteke­ry boererate vir bands gee. “Die insetsels is honderd persent impromptu. Carien skep vir ons ’n scenario en dan moet ons improvisee­r,” verduideli­k Karen.

Republiek Van Zoid Afrika het haar stoutste verwagting­e oortref. “Toe ek destyds in die strate van Melville begin musiek maak het, het ek nooit kon droom ek sou ooit eendag op TV wees nie,” sê ons eie rock chic. “Ek voel baie geseënd om myself vandag ’n profession­ele musikant te kan noem. En om my eie reeks te hê en saam met ons land se beste sangers in die reeks te sing, is net ’n bonus.”

 ??  ?? Karen Zoid sit verskillen­de hoede op in haar geselsprog­ram.
Karen Zoid sit verskillen­de hoede op in haar geselsprog­ram.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa