TV Plus (Afrikaans)

Hollywood Medium

Seisoen 3 E! (*124) 20:00 Realiteit

-

Tyler Henry was ’n skakel vir beroemde gesigte en hul dooies vir twee seisoene van die realiteits­reeks Hollywood Medium (2016-nou). Omdat ons in die middel van seisoen 3 is, het ons die 22-jarige in LA gebel om uit te vind wat voorlê in “ons grootste seisoen tot nog toe”, Tyler se planne om met sy reeks te reis en wie hy nog graag wil lees.

Maak jou celebgaste jou senuweeagt­ig?

Ja en nee. Mense het ’n sekere idee van beroemde mense en hul leefstyl. Hulle is steeds mense en het ook bevestigin­g nodig van oorlede geliefdes. Maar ek sou sonder woorde wees as ek vir (die vermaakste­r) Cher ’n lesing moes doen!

Jou reeks is baie meer intiem, want jy werk met individue, nie soos John Edward wat groepe lees in Crossing Over (2002-2003) nie.

Ek het al lesings gedoen vir groepe, waar ek dink minstens 1 000 mense was. Ek vind my formaat werk die beste vir my en my gaste, want soos jy sê, dis meer intiem. Ek het ’n duideliker idee wie deurkom na my toe, wat die lesing meer persoonlik maak.

Wie is die beroemdste persoon op jou stoel die seisoen?

Dis een van die Jackson-susters en dit was regtig wonderlik vir my! Dis ons seisoen se slotepisod­e (op 7 Junie); ons los die beste vir laaste. (Lag.)

Jy verfilm net in LA, maar sou jy met die reeks wou reis?

Ek sou graag wou, en die planne is daar, maar dis nie vinnige besluitnem­ing nie. Baie werk gaan in so ’n TV-reeks!

Voel jy ooit “leeg” tydens ’n lesing?

Dit gebeur wel. Soms is dit ’n baie kort soort boodskap soos “Hallo, ek’s veilig”. En dit kan genoeg wees vir die persoon wat hier sit en dit kry.

 ??  ?? Tyler Henry wil sy reeks na die mense neem.
Tyler Henry wil sy reeks na die mense neem.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa