TV Plus (Afrikaans)

The Good Place

Seisoen 2 M-Net (*101) 23:10 Komedie

-

“Verrassing! Ons het ’n groot kinkel aan seisoen 1 se einde – The Good Place is ‘die ander plek’ en ek’s nie hier om al die goeie en oulike mense op te pas nie!” lag Ted Danson. Hy speel Michael, wat amper die perfekte lewe ná die dood geskep het in die komedieree­ks The Good Place (2017-nou). Volgens Ted is Michael baie bly hy kan nou sleg wees. “Ons vat alles wat mense misrabel maak en voeg ’n spul nuwe goed by. Byvoorbeel­d: Al die koffie kom nou van die aaklige doppies, pleks van die regte filterkoff­ie. Dis duiwels.”

“Daar is baie meer Michael in weergawe 2 van The Good Place,” sê Ted se medester

Kristen Bell. “Michael het die mag om alles met ’n klap van sy vingers oor in te stel, en my karakter Eleanor veroorsaak die omwentelin­g!” Eleanor het Michael se geheim in seisoen 1 se slotepisod­e (Januarie 2017) uitgevind en was die oorsaak van die nuwe weergawe. “Dit bring die demoon in Michael na vore,” sê Ted. “Ons kry meer van Michael te sien agter die skerms van The Good Place, hoe hy toutjies trek en dit geniet. Die snob in Michael kom na vore en dis so spesiaal en soveel pret!”

Die reeksskepp­er Mike Schur het ’n groter rol in die skryfspan vir seisoen 2 en dit maak Ted opgewonde. “Mike het aan komedieree­kse soos The Office (2005-2013), Parks & Recreation (20092015) en Brooklyn Nine-Nine (2013-nou) gewerk. Ons gaan die seisoen selfs dieper kyk na etiek en wat dit verg om ’n goeie mens te wees. Dis iets wat nie genoeg aandag kry nie. En ons doen dit op die mees onetiese manier!”

Maar as jy dink jy’t al alles gesien, wag vir Eleanor se “holy forking shirtballs!-” slagspreuk in die seisoen se slotepisod­e (3 Aug.). Jy het nog niks gesien nie!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa