TV Plus (Afrikaans)

The Good Doctor

Seisoen 1 M-Net (*101) 20:00 Drama

-

Toe The Good Doctor (2017-nou) in Desember 2017 met ’n produksieb­reek was, wou die outistiese snydokter met savantsind­room, Shaun Murphy (Freddie Highmore), sy werk by die San Jose St. Bonaventur­e-hospitaal los. “Sy optimisme oor mense het afgeneem,” verduideli­k Freddie, wat ook die “pynlike tiener” Norman in die rillerreek­s Bates Motel (2013-2017) was. “Hy’s geboelie, maar Shaun het nie opgegee nie, tot nou.” In episode 8 is hy kwalik geneem vir ’n vrou wat geskiet is sonder dat hy haar kon help. Maar dit lyk of die dokter nie alleen met sy stryd is wanneer die reeks terugkeer nie.

Shaun se werkbestie, Claire (Antonia Thomas), word in episode 10 (21 Mei) seksueel geteister deur ’n senior dokter. Haar geheime minnaar-kollega Jared (Chuku Modu) reken met die moontlike teisteraar af, maar word dan afgedank weens die aanval. Boonop is Claire woedend vir hom, want hy’t haar na ’n swakkeling laat lyk.

Dr. Andrews (Hill Harper) kan twee pasiënte en sy kans om ’n gesin te hê in episode 11 (28 Mei) verloor wanneer ’n Siamese tweeling se chirurgie ekstra gekomplise­erd raak en sy vrugbaarhe­idspesiali­s slegte nuus vir hom het. En dr. Melendez (Nicholas Gonzales) se loopbaan is opgeskort in episode 13 (11 Mei) wanneer hy meer aan sy mislukte verlowing met die interne prokureur

Jessica (Beau Garrett) dink as sy pasiënt en haar per ongeluk beseer.

 ??  ?? Dr. Murphy is nie ’n gewone chirurg nie.
Dr. Murphy is nie ’n gewone chirurg nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa