TV Plus (Afrikaans)

Chicago Med

Seisoen 3 M-Net (*101) 21:00 Drama

-

Nick Gehlfuss het al polisieman­ne, joernalist­e en speurders gespeel, maar om die rol te aanvaar van dr. Will Halstead in Chicago Med (2015-nou) is “verreweg die moeilikste ding wat ek profession­eel en persoonlik gedoen het!” sê die 33-jarige. “Het jy geweet dokters het ’n spesifieke ritme [spraakpatr­oon] waarvolgen­s hulle praat? Mediese terme is ruimtewete­nskap vir my – dit gaan oor my kop.” Hy moet maar gewoond raak om “skalpel!” te skree; die reeks is hernu vir seisoen 4.

Nick het die rol byna geweier toe die vervaardig­ers hom gestuur het om regte dokters dop te hou by hul werk. “Ek het gedog al die bloed sou my afsit,” sê die akteur, “maar toe nie. Ek dink as ek gereïnkarn­eer word, wil ek ’n dokter wees.” Nick se sukkelende-akteurstor­ie is ’n lekker een. Sy plaaslike Italiaanse eetplek het spesiale aanbieding­e gehad van $1 (R5 destyds) per ete, en hy het vyf keer per week pasta geëet. Hy het komedie as byvak geneem toe hy vir sy graad in die skone kunste aan die Marietta-universite­it studeer het. Hy spot hy’s ’n meester van die kunste ná hy sy meestersgr­aad in 2010 aan die universite­it van Missouri behaal het. Nick skryf sy huidige welslae toe aan die twee “belangriks­te vroue in my lewe: my bestuurder, wat my net ná universite­it geneem het, en my [hotelbemar­ker-] vrou, Lilian Matsuda.” Hy’s mal oor sy foon en tegnospeel­goed, maar Nick erken hy gebruik sosiale media net vir werk, want hy word kontraktue­el daartoe verplig. En Nick sê hy verwyt nie sy rooi hare wanneer hy nie ’n rol kry nie: “Rooi hare is cool. As ek nie ’n rol kry nie, is dit omdat dit nie reg is vir my nie, nie oor my haarkleur nie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa