TV Plus (Afrikaans)

Kom Ons Trou, Nou!

Seisoen 2 VIA (*147) 20:00 Realiteit

-

’n Nuwe aanbieder, die aktrise Laré Birk, maak haar buiging wanneer seisoen 2 van die realiteits­reeks Kom Ons Trou, Nou! (2017-nou) vanaand begin. “Die program word voortaan gegrond op die formaat waar daar ’n aanbieder is wat die amper-bruide bystaan, soos in Marry Me Now,” verduideli­k Robert Kaden van VIA. Die formaat word ook in Israel, Rusland en Duitsland gebruik. In seisoen 1 was die geleenthei­dsbeplanne­rs Margaux van den Berg en Sunelle van Heerden

die nie-amptelike aanbieders.

Die 32-jarige Laré sê sy hoop haar ondervindi­ng in die regte lewe as strooimeis­ie (by ongeveer ses troues al, skat sy) gaan haar die X-faktor vir die reeks gee. In die volgende 13 weke gaan Laré vroue se hand vashou wanneer hulle hul geliefde die jawoord vra, klaar uitgevat in hul trourok, sodat hulle sommer dadelik kan afhaak as hy instem. “Daar’s spanning en baie verrassing­s en kykers gaan beslis nie verveel word nie!” verklap sy.

Wat gebeur as die bruid nie die jawoord kry nie? Laré wil nie uitlap of dit die seisoen gebeur nie, maar sê sy’s voorbereid daarop. “’n ‘Nee’ verander baie dinge. Ons skiet en pak op en ry, maar die bruid bly agter met alles. En dit beïnvloed wat met die verhouding in die toekoms gaan gebeur.”

Sou Laré self deelgeneem het? “Ek is tans enkellopen­d, maar selfs al was ek in ’n verhouding, weet ek nie of ek dit sou kon doen nie. Maar die liefde laat ’n mens ongeloofli­ke goed doen!”

 ??  ?? Laré Birk, die aanbieder.
Laré Birk, die aanbieder.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa