TV Plus (Afrikaans)

MacGyver

Seisoen 1 e.tv (*194) 20:30 Aksie

-

“Ek het die coolste werk,” vertel Lucas Till. Die 27-jarige speel die agent Angus MacGyver wat onder die dekmantel werk in die nuwe weergawe van die aksiereeks MacGyver (2016-nou), en hy sê “elke dag is anders. Vandag spring ons uit ’n vliegtuig. Môre is ons in ’n duikboot. Die waagtoertj­ies is rof!” Lucas het die voordeel van ’n groenskerm vir spesiale effekte. “Dit moes erg gewees het vir Richard Dean Anderson in die oorspronkl­ike MacGyver (1985-1992)!”

Lucas se voorganger laat hom nie uit oor die nuwe weergawe nie, maar Lucas sê hy sou Richard graag wou ontmoet en “’n paar wenke kry”. Lucas hou van balans, en vir elke uur wat hy in die gim sweet, speel hy ’n uur lank videospele­tjies. “My gunsteling is iets soos [eerstepers­oonskieter­s] Fallout (1997-nou)”, wat hy aanlyn teen ander deelnemers speel. Nes sy karakter kan Lucas sy man staan teen skurke: hy beoefen sedert sy tienerjare die gemengdeve­gkunsvorm Brazilian jiu jitsu. ’n Pluspunt van die reeks is dat dit net deels in Los Angeles verfilm word. Die hoofstelle is in Atlanta, waar Lucas grootgewor­d het ná hul gesin verhuis het uit Texas, waar hy gebore is. Hy onthou nog sy liedjies en danse as Travis in die 2009-Disneyflie­k Hannah Montana: The Movie met Miley Cyrus, en lag: “Ek was nogal goed daarmee!” Hy was ook “die ou langsaan” in Taylor Swift se 2009-musiekvide­o vir You Belong With Me. Lucas is nog enkellopen­d, ten spyte van foto’s met “mooi meisies” op sosiale media. “Ek poseer graag saam met fans vir foto’s,” skerts hy.

 ??  ?? Lucas Till (regs) en die eerste MacGyver-akteur, Richard Dean Anderson.
Lucas Till (regs) en die eerste MacGyver-akteur, Richard Dean Anderson.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa