TV Plus (Afrikaans)

Magnum, P.I.

-

Seisoen 5 SABC3 (*193) 12:00 Aksie Tom Selleck erken hy’t ’n loopbaan omdat hy die Viëtnam-soldaat wat privaat speurder geword het, Thomas Magnum, in Magnum, P.I. (19801988) gespeel het. Die reeks keer na SABC3 terug as deel van die kanaal se 1980’s-aksieherle­wing (meer op ble. 29 & 65). “Maar dit was nie net pret in die Hawaise son nie,” sê die 73-jarige akteur. “Dit was warm, bedompig en die sand kom rêrig orals in!”

Die produksiem­aatskappy CBS het Hawaii gekies omdat hulle miljoene dollar sou verloor as hulle hul eilandatel­jee sou sluit wat hulle vir die oorspronkl­ike Hawaii Five-O (19681980) gebou het. Indien Hawaii Five-O voortgegaa­n het, sou Tom se reeks in Suid-Kalifornië afgespeel het. Dit was so gewild, Magnum se beroemde bont Hawaise hemp en SEAL-ring is aan die Smithsonia­n Museum Of American History geskenk. Magnum sou in ’n Porsche ry, maar Tom, wat 1,95 m in sy sokkies staan, was te lank vir die Porsche. Daar is toe op die ruimer rooi Ferrari besluit. Die landgoedbe­stuurder Higgins het ’n onberispel­ike Britse aksent, maar die akteur John Hil

lerman (in November 2017 oorlede) was van Texas en het sy stem gegrond op die werk van sir Laurence Olivier in die 1965-fliek Othello. Die reeks het byna ná seisoen 3 gesneuwel toe Higgins se dobermanns “afgedank” is om koste te bespaar. Tom het gedreig om te bedank, dus het die honde gebly. Die aksieskryw­er Tom Clancy het ’n paar draaiboeke vir die reeks geskryf, asook vir die beoogde fliek in 1989 wat nooit gemaak is nie.

Lees meer op ble. 29 & 65.

 ??  ?? Tom Selleck se Magnum-hemp en ring is “geskiedkun­dige” artikels.
Tom Selleck se Magnum-hemp en ring is “geskiedkun­dige” artikels.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa