TV Plus (Afrikaans)

The A-Team

Seisoen 1 SABC3 (*193) 12:00 Aksie

-

Gordel vas, mense: Hannibal Smith, Templeton Peck, B.A. Baracus en Howling Mad Murdock is terug op gratis TV as die omgesukkel­de The A-Team (1983-1987). En hulle is reg vir oorlog as voormalige kommando-soldate “wat na die skuldiges laat lyk is vir ’n misdaad wat hulle nie gepleeg het nie”. Agter die skerms het dit ook soms rof gegaan – George Peppard (Hannibal), wat in 1994 oorlede is, het dikwels vasgesit met Mr. T (Baracus) en hulle het later geweier om saam onderhoude te doen. Dis nie al wat jy moet weet nie . . .

Die “misdaad” waarvan gepraat word is moord. Die ouens het ’n bank in Viëtnam beroof om ’n rebellie te finansier 10 jaar voor die program begin het. Terug by die kamp het hulle hul kommandant vermoor aangetref, en hulle is voor die krygshof gedaag. Die “A” in die titel is regte weermagtaa­l. Dit staan vir Alfa-span, die eerste soldate wat op ’n spesifieke sending gestuur word. Seisoen 4 het byna nie gebeur nie toe Mr. T woedend van die stel gestorm het. Hy het alles blameer, van ’n dooie familielid tot die “irriterend­e” lugversorg­ing en het eers teruggekee­r ná aan sy rits eise voldoen is. George Peppard moes sluk, glimlag en die sigare inryg as Hannibal. Van skerm af het die akteur tot 90 sigarette per dag gerook tot in 1992, toe ’n gewas in sy long ontdek is. Murdock se naam word nooit tydens die vyf seisoene genoem nie, en die akteur Dwight Schultz sê “dit bly tot vandag toe TV se grootste geheim”. Die hospitaal wat die span gebruik is Sepulveda Veterans. Dit was die oorspronkl­ike hospitaal in Grey’s Anatomy (2005-nou) tot seisoen 12 (2015).

Lees meer op ble. 29 & 63.

 ??  ?? Van links: Templeton Peck (Dirk Benedict), Murdock (Dwight Schultz) en B.A. Baracus (Mr. T), met Hannibal Smith (George Peppard) voor.
Van links: Templeton Peck (Dirk Benedict), Murdock (Dwight Schultz) en B.A. Baracus (Mr. T), met Hannibal Smith (George Peppard) voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa