TV Plus (Afrikaans)

Nuwe liefde

Kosie het sy oog op ’n spesiale meisie.

-

7de Laan

Weekdae SABC2 (*192) 18:00

Kosie (Kosie Schoeman), ’n downsindro­om-man, is al die afgelope elf jaar deel van die 7de Laan-familie. Hy maak gereeld sy verskyning om vleis- en kaasproduk­te van Swannie se slaghuis by Oppiekoffi­e af te lewer. Vanaf Donderdag 24 Mei word sy storielyn groter wanneer sy oog op ’n spesiale meisie val. Maar eers is daar ’n groot misverstan­d tussen Kosie, Olivia (Nadia Herbst) en

Rickus (André Lotter) wat opgeklaar moet word.

DIE EINTLIKE EEN

Die boekwinkel­assistent Olivia was sedert Maandag 21 Mei onder die indruk Kosie maak vir haar ogies wanneer hy haar in Oppiekoffi­e sien. Olivia besluit op Woensdag 23 Mei om haar kêrel Rickus daarvan te vertel, en hoop hy sal Kosie op ’n mooi manier laat verstaan sy het ’n ou. “Maar my karakter stel nie in Olivia belang nie, hy hou van Liezl [Liezl Geldenhuys],” vertel Kosie.

Liezl, ’n oulike downsindro­om-meisie, is toevallig elke keer in Oppiekoffi­e wanneer Olivia en Kosie daar is. Wanneer Rickus dus dieselfde dag vir Kosie wil konfrontee­r, wys Kosie hom gou die meisie by wie sy hart eintlik lê.

RICKUS MAAK ’N PLAN

Rickus kry skaam wanneer hy besef dit was ’n groot misverstan­d. En om jammer te sê belowe hy Kosie hy sal hom help om Liezl uit te vra. Rickus nader Liezl op Donderdag 24 Mei in Oppiekoffi­e en vertel haar hoe oulik Kosie is en dat hy baie van haar hou. Kosie en Liezl ontmoet later die dag en besluit om op ’n afspraak te gaan. “Kosie kan nie ophou staar na Liezl nie,” sê Kosie, en voeg by hy hoop ons gaan nog baie van Kosie en Liezl in die toekoms sien.

’N DROOM WORD WAAR

Die 26-jarige Liezl, wat in die Paul Jungnickel-tehuis vir volwasse gestremdes in Pretoria woon, was baie opgewonde toe 7de Laan haar familie in Maart nader om in die sepie te verskyn. “Ek het al my woorde uit my kop geleer,” sê sy skamerig. Sy het vinnig vriende gemaak op stel, veral met haar gunsteling­karakter Connie (Quinne Brown Huffman), en sy en Kosie het selfs op haar verjaardag in Maart saam gekuier. “Ek weet nou ek kan ’n aktrise wees,” sê sy trots.

 ??  ?? 7de Laan se nuwe liefies, Kosie en Liezl.
7de Laan se nuwe liefies, Kosie en Liezl.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa