TV Plus (Afrikaans)

Leuens by die see

Rykdom en weelde, kuns en moord? Kom saam Riviera toe!

-

Riviera Seisoen 1 Sondae BBC First (*119) 20:00 (begin 10 Junie)

Die speelplek van die rykes in die suide van Frankryk het sy kwota misdaad en moord in Riviera (2017nou), maar dit behels biljoenêrs en sakeryke, kunsdiewe en vervalsers. Julia Stiles (Lumen in Dexter, 2006-2013) is die kunskurato­r Georgina, wie se ryk man Constantin­e (Anthony LaPaglia, Jack Malone in Without A Trace, 2002-2009) in ’n seiljag- ontploffin­g sterf. Dit laat haar met sy verdagte gesin – sy eksvrou Irina (Lena Olin, Irina Derevko in Alias, 2002-2006) en hul kinders: die saggeaarde

Adam (Iwan Rheon, Ramsay in Game Of Thrones, 2011-nou) wat ’n skrywer wil wees; die ongenaakba­re sakeman Christos

(Dimitri Leonidas, Anwar in Sinbad, 2012); en die gekwelde jongste kind

Adriana (Roxane Duran, Laura in The Witnesses, 2014).

VROU TEEN VROU

“Die dinamika tussen Georgina en Irina is interessan­t,” sê Julia. “Daar is kompetisie en jaloesie, maar met ’n ooreenstem­mende agenda word ons bondgenote met wedersydse respek.” Georgina se huwelik van ’n jaar met Constantin­e was nie so eerlik nie. “Met die ouderdomsv­erskil en verskil in rykdom was hul band eerder ’n intellektu­ele ding oor hul passie vir kuns. Maar sy vind uit dit was alles ’n leuen en deel van ’n bedrogspul,” voeg Julia by.

O, DIE GLANS

Georgina se biljoenêrv­rou-klerekas slaan die asem weg en toon haar glansryke leefstyl. Riviera se klere- ontwerper Emma Fryer vertel: “Georgina se styl is klassiek, met skoon lyne en vloeiende materiaal, en eklektiese stukke uit haar verbinteni­s met die kunswêreld.”

 ??  ?? Julia Stiles vertolk die rol van die biljoenêr-weduwee Georgina.
Julia Stiles vertolk die rol van die biljoenêr-weduwee Georgina.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa