TV Plus (Afrikaans)

Skynliefde en huwelikspr­obleme

-

JUNIE

Rickus deel skokkende nuus met sy pa, Chris, en Bonita het ’n plan om haar baba, Daniel, se lewe te red, maar dit kan ander naby aan haar se lewe verwoes. Die Oppiekoffi­e-kelnerin Nozi is smoorverli­ef op ’n dokter, Amanda (Carina Nel) besluit om wraak te neem, en Alexa probeer haar kop skoon kry ná al die drama met haar gesin. Mariaan het ’n plan om haarself uit die moeilikhei­d te kry, maar die vraag is of dit gaan werk. Olivia is bekommerd Nozi sien dinge wat nie daar is nie, en dat haar hart gebreek gaan word. Rickus is desperaat om sy ouers uit die penarie te red waarin hulle hulself bevind, Justin gee voor of hy vrede gemaak het met die Amandasitu­asie, en Marko kry slegte nuus. Kosie (Kosie Schoeman) het ’n afspraak in Oppiekoffi­e, en Chris en Alexa maak vrede met mekaar. Willem is nie gelukkig met Amorey se gedrag nie, Jacob is vasgevang in die vete tussen Matrone en Hilda, en Justin vertel Vince van die nuwe liefde in sy lewe. Lesedi se toekomspla­nne werk nie uit soos sy gehoop het nie, Olivia en Matrone sit nie langs dieselfde vuur nie, en Nozi word huis toe gestuur omdat haar werk nie op standaard is nie.

JULIE

Vivian ( Vinette Ebrahim) kom maak weer groot amok, en Vernon (Duanne Williams) keer terug van Amerika wanneer sy groot droom om daar ’n bekende modeontwer­per te word, flop. Willem vind weer sy voete by T&T, Chris is desperaat om Mariaan te help, en Nozi sukkel om te besef die dokter voel nie dieselfde oor haar nie. Connie gee vir Vernon sy werk by die boetiek terug, en Willem en Amorey het huwelikspr­obleme. Esti voel ongemaklik wanneer ’n getroude man met haar flankeer, maar sy besluit om nie haar kêrel Marko daarvan te vertel nie. Mariaan gee Amorey raad oor hoe sy haar huwelikspr­obleme moet hanteer, en die Laners raak kompeteren­d tydens ’n vasvrakomp­etisie. Rickus gaan deur ’n moeilike tyd en probeer sy verhouding met Chris herstel, en Matrone en Hilda word meegevoer deur die vasvrakomp­etisie en wil hul eie spanne kies om deel te neem.

AUGUSTUS

Episode-inligting vir Augustus was teen druktyd nie beskikbaar nie.

 ??  ?? Hilda en Matrone (inlas) raak kompeteren­d wanneer hulle aan ’n vasvrakomp­etisie deelneem.
Hilda en Matrone (inlas) raak kompeteren­d wanneer hulle aan ’n vasvrakomp­etisie deelneem.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa