TV Plus (Afrikaans)

Skielike dood

Wilna sterf onverwags, maar wie is aandadig aan haar dood?

-

Annelize (Cindy Swanepoel) kan haar ore nie glo nie wanneer sy uiteindeli­k uitvind wat Wilna (Elma Potgieter) daartoe gedryf het om toe te laat dat ’n onderwyser Annelize en ander kinders in die weeshuis molesteer. Terwyl Wilna in die hospitaal is, bieg sy uiteindeli­k. “Wilna erken sy het die man liefgehad en dis hoekom sy hom gehelp het,” verduideli­k Cindy.

Noudat Annelize die waarheid weet is sy vasbeslote om Wilna te laat boet. Sy is bang die molestasie­hofsaak – waar Wilna as medepligti­ge aangekla word – word uitgerek omdat Wilna weens komplikasi­es ná haar nieroorpla­nting nou behandelin­g ondergaan. “Annelize twyfel of reg en geregtighe­id ooit gaan geskied en of sy en die ander kinders wat slagoffers was, vrede en berusting gaan vind,” sê Cindy. En wanneer Wilna skielik sterf, wys die vinger na ’n paar verdagtes.

KWELLINGE

Annelize vererg haar op Woensdag 6 Junie vir Wilna. Sy hoor by suster Naomi (Je-ani Swiegelaar) Wilna vertel vir enigiemand wat wil luister Annelize het iemand doodgemaak. Annelize het wel die man wat hulle molesteer het aan die einde van haar skoolloopb­aan van ’n trap afgestamp – maar haar eksman, Eben (Zak Hendrikz), het die blaam op hom geneem en was jare lank agter tralies daarvoor. Annelize het gedink haar geheim is veilig, maar Wilna het ander planne. “Annelize probeer haar humeur bedwing en perspektie­f behou,” vertel Cindy.

Ook Ronel (Liesel Harris-Kruger), wat in die hofsaak gaan getuig, sukkel om Wilna se teenwoordi­gheid in die hospitaal te verwerk. Ronel se suster het ’n oordosis dwelms geneem omdat sy nooit met haar molesterin­g kon vrede maak nie en Ronel wil geregtighe­id hê vir haar selfdood, sê Liesel. “Ronel glo haar suster het gesterf weens Wilna en haar kêrel se gruweldade. Sy wil hê Wilna moet gestraf word vir al die leed en gebrokenhe­id wat sy veroorsaak het.”

Op Donderdag 7 Junie skets Ronel ’n somber prentjie vir die angsbevang­e Wilna wanneer sy haar in die hospitaal besoek. “Sy vertel Wilna hoe traumaties dit gaan wees om haar laaste jare in ’n tronksel te slyt.”

Dan kom die groot skok: Wilna moet op Maandag 11 Junie ontslaan word, maar sy sterf skielik en klaarblykl­ik vanweë natuurlike oorsake. Maar iewers is iets nie pluis nie . . .

DIE VERDAGTES

Dr. Elana Meyer: Elana, self ’n slagoffer van ’n verkragtin­g, kan die onreg wat Wilna aangerig het nie verdra nie. Sy probeer nietemin profession­eel bly tydens Wilna se behandelin­g, maar is briesend wanneer sy agterkom Wilna vertraag haar beterskap met selfmedika­sie.

Naomi Ferreira: Naomi se oorlede verloofde, Ferdi (Cobus Venter), het Naomi einde verlede jaar en begin 2018 fisiek en emosioneel mishandel. Sy het daarna deernis vir mishandeld­e vroue en kinders ontwikkel. Naomi se bekgevegte met Wilna kon Naomi dalk tot moord dryf. Ronel: Ronel wil haar suster Anica se selfdood wreek. Annelize: Wilna en haar minnaar het Annelize se lewe so te sê verwoes en sy het jare lank ’n wrok teen hulle gekoester. Annelize vergewe moeilik. Wilna: Ná haar skokkende gesprekke met Annelize en Ronel het Wilna miskien self besluit om ’n einde aan haar toekomstig­e ellende te maak.

 ??  ?? Elana (links) en Naomi by ’n baie siek Wilna in die kliniek.
Elana (links) en Naomi by ’n baie siek Wilna in die kliniek.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa