TV Plus (Afrikaans)

Die ou vlam

Nicci is terug en verras haar ekskêrel Rhafiek met ’n besoek.

-

Suidooster Weekdae kykNET (*144) 18:30

Rhafiek (Irshaad Ally) is verras wanneer sy eksmeisie Nicci (Gerwen Simon) op Woensdag 27 Junie voor sy deur opdaag. “Hy is werklik bly om haar te sien,” sê Irshaad. “Hulle het ’n spesiale band veral omdat hulle van kleins af beste vriende was.”

Carmen (Desiré Gardner), Rhafiek se verloofde, is nie so gelukkig dat Nicci terug is nie. “Sy is ietwat onkant gevang,” sê Desiré. En dit laat haar wonder of Rhafiek se gevoelens vir Nicci gaan opvlam.

“Nicci werk al langer as ’n jaar in Amerika en dit was hoog tyd dat sy ’n draai in Ruiterbosc­h maak,” sê Gerwen. Haar ouers het haar van Rhafiek en Carmen se verlowing vertel, “maar sy wonder of dinge anders sou uitwerk as sy nooit weggegaan het nie”.

Carmen voel op Donderdag 28 Junie bedreig en besluit om dit vir Nicci duidelik te maak Rhafiek is hare en nooi Nicci vir ete op Vrydag 29 Junie. Die geselskap vlot tot Nicci vertel sy is weer enkellopen­d.

EERLIKE BEDOELINGS?

Op Maandag 2 Julie is Carmen steeds onrustig en vertel Rhafiek hoe sy voel. “Rhafiek en Carmen se verhouding is sterk,” sê Irshaad. “Al voel Nicci dalk nog iets vir hom, gaan dit niks verander nie; Carmen gaan sy vrou word.” Dalk weet Nicci iets wat Rhafiek nie weet nie.

 ??  ?? Carmen gaan Rhafiek onder geen omstandigh­ede prysgee nie.
Carmen gaan Rhafiek onder geen omstandigh­ede prysgee nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa