TV Plus (Afrikaans)

Die donker kasteel

Gevangenes in die kerker, ’n gesteelde baba, iemand wat by ’n venster uitval – dis net nog ’n dag by die DiMera- fort in Italië.

- Days Of Our Lives

Weekdae e.tv (*194) 17:15

Die deurklokki­e van die DiMerakast­eel in Italië wil net nie ophou lui nie! As dit nie Melanie (Molly Burnett) is wat voorgee sy’s ’n verpleegst­er nie op Vrydag 22 Junie, is dit Brady (Eric Martsolf) wat sy baba wil sien. En Kristen DiMera (Eileen Davidson) het skaars vir Brady en Melanie in haar kerker toegesluit op Dinsdag 26 Junie wanneer die ma van die baba wat Kristen as fetus gesteel het, Theresa (Jen Lilley), voor die deur staan. Dus is die koekoes Kristen behoorlik keelvol wanneer haar vyand Marlena (Deidre Hall), wat Kristen se troue met Brady in Januarie 2016 geruïneer het, op Woensdag 27 Junie aanklop, op soek na haar vermiste man,

John (Drake Hogestyn).

IETS NIE PLUIS

Marlena, wat weet Kristen kan nie kinders hê nie, vermoed onraad op Donderdag 28 Junie wanneer Kristen se huishulp aankondig sy wag by die kar “vir die dokter en die baba”. Eerder as om Marlena te laat sien hoe Kristen se handlanger­s Brady en Melanie vermoor, pluk Kristen ’n vuurwapen uit en rig dit op Marlena. “Die noodlot het jou hierheen gebring,” sê Kristen. “Dit moet die gode wees wat my die perfekte kans om alles te laat eindig. Jy het my soveel keer alleen en gebroke gelaat, maar nie vandag nie. Beweeg! Ek wil nie jou bloed oral op my mat hê nie,” smaal Kristen. GEVEG TOT DIE DOOD Kristen druk Marlena teen ’n venster vas omdat sy haar dood eerder na ’n ongeluk wil laat lyk as om haar te skiet. “Ek geniet dit om jou so desperaat te sien, Marlena,” lag Kristen. “Jy is net ’n paar meter weg om haaikos in die baai te word.” Maar Marlena laat haar nie so maklik onderkry nie en terwyl sy om haar lewe veg, stamp sy Kristen per ongeluk deur die venster. ’n Geskokte Marlena kry op Vrydag 29 Junie terugflits­e na al haar gevegte met Kristen. En in Salem is Kristen se pa, Stefano (Joseph Mascolo), klaar besig met ’n wraakplan ná hy die foonoproep kry wat elke ouer vrees.

 ??  ?? Die bordjies word verhang wanneer Kristen (heel bo) Marlena probeer doodmaak.
Die bordjies word verhang wanneer Kristen (heel bo) Marlena probeer doodmaak.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa