TV Plus (Afrikaans)

’n Troue om te onthou

Vergeet van wit en voorspelba­ar – The Wedding Bash(ers) volg hul eie kop met cool en onkonvensi­onele seremonies.

-

Twaalf episodes. Twee- en-twintig uiteenlope­nde troues. En 22 bruide en bruidegomm­e wat alles uithaal om hul perfekte dag te skep. Dis die storie agter die realiteits­program Wedding Bash(ers) (2017-nou; seisoen 1 is beskikbaar op die aanlyn stroomdien­s Showmax). Dis nie net die prettige wedywering wat heerlike kykgenot is nie – dis ook dat die paartjies nie hou by die tradisione­le en beproefde wit-in- die-kerk-resep nie. Wat is op die spel? ’n Nie te versmaai nie R800 000 (bestaande uit kontant en ander pryse soos juweliersw­are en ’n wittebrood).

Hoe beoordeel ’n mens iets wanneer alles so uiteenlope­nd is en smake aansienlik verskil? Jy kry kundiges wat by elke groot dag “inbars” en elke element van die troue ontleed. Die plaaslike kosghoeroe Siba Mtongana bekyk en proe die spyskaart en allerbelan­grike koek. Die troubeplan­ner Zavion Kotze kyk met sy kennersoog na die verloop van die hele dag en sien gou die maakof-breek faktor raak. Die partytjiep­rinses Denise Zimba besluit oor die atmosfeer, musiek en ander vermaaklik­hede by die onthaal. En die gewese Mej. SA Cindy Nell fokus op die trouuitrus­tings, bykomstigh­ede, detail en laaste afronding. Maar ’n troue is nie net ’n partytjie nie, beklemtoon De- nise. “Ons geniet die troues en seremonies en onthale, want niks kom daarby om in ’n plek te wees waar die liefde bo alles uitstaan nie.” Dit het Cindy se hartsnare ook geraak, en die oudmodel voeg by “hulle het ons nie probeer beïndruk of iets probeer voorgee wat hulle nie is nie. Hul troudag is spesiaal vir elk van die paartjies.” En dit maak nie saak hoe “onkonvensi­oneel” dit is nie, soos die volgendes . . .

 ??  ?? Dis partytjiet­yd vir The Wedding Bash(ers) in seisoen 1 – Siba, Zavion, Denise en Cindy.
Dis partytjiet­yd vir The Wedding Bash(ers) in seisoen 1 – Siba, Zavion, Denise en Cindy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa