TV Plus (Afrikaans)

Wat het ons hier!

Lee-Ann en Ty – van vyande tot verliefdes.

-

Suidooster Weekdae kykNET (*144) 18:30

’n Maand gelede was Lee-Ann en Ty (Portia Joel en Maurice Paige) aartsvyand­e, maar die wind het tussen hulle gedraai. Daar is mos ’n fyn lyn tussen liefde en haat! Dis wanneer Lee-Ann op Woensdag 4 Julie sien hoe Ty kaalbolyf vuishoue oefen wanneer sy besef die man laat haar hart bokspring. “Sy blokkiesma­ag en armspiere betower haar en sy word bewus van ’n aangetrokk­enheid tot hom,” sê Portia. En dit hou nie daar op nie.

DIE VONKE SPAT

Lee-Ann dink haar gevoelens is vreemd, want sy en Ty sit gereeld vas. Veral omdat sy onlangs die huis probeer verkoop het wat Ty en sy broer

Wade (Dean John Smith) gehuur het. Die broers het alles probeer om potensiële kopers af te skrik. Ty het intussen ingeskryf vir ’n bokskompet­isie en glo die wengeld is die ideale oplossing vir ’n deposito om self die huis te koop.

Wade help Ty op Vrydag 6 Julie om vir die kompetisie voor te berei. “LeeAnn is ongelukkig omdat Ty ten spyte van sy handbeseri­ng wat hy einde Junie tydens ’n oefening opgedoen het, gaan deelneem. Maar hy is ’n grootmens – as hy homself verder wil seermaak is dit sy saak,” sê Portia.

Later die dag kom ’n verheugde Ty terug van die kompetisie af en kondig aan hy het gewen. Lee-Ann is bly vir hom en bied aan om sy beseerde hand te versorg. Wanneer sy aandag aan sy hand gee verander die atmosfeer tussen hulle en hulle soen passievol.

GEMENGDE GEVOELENS

Ty besef hy voel ook iets vir Lee-Ann en laat nie gras onder sy voete groei nie. Hy begin Maandag 9 Julie by haar vlerksleep, maar Lee-Ann vermaan hom om diskreet te wees. “Sy het gemengde gevoelens en weet nie of dit wys is om romanties by Ty betrokke te raak nie. Sy probeer dit stil hou, veral vir haar ma, Mrs. J ( Theresa Sedras),” sê Portia.

Op Vrydag 13 Julie verras Ty Lee-Ann op kantoor met blomme en vra haar amptelik uit. “Ty is opgewonde om LeeAnn vir homself te hê; hy het die skoot hoog deur,” bieg Maurice. Op Dinsdag 17 Julie sien albei uit na die date, maar ongelukkig kry Lee-Ann slegte nuus oor die huis vir Ty. Ons hoop nie dit laat hul nuwe romanse afkoel nie.

 ??  ?? Lee-Ann en Ty speel nie wanneer hulle soen nie.
Lee-Ann en Ty speel nie wanneer hulle soen nie.
 ??  ?? Ty en sy sexy lyf laat Lee-Ann smelt.
Ty en sy sexy lyf laat Lee-Ann smelt.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa