TV Plus (Afrikaans)

Gee wat my toekom

’n Versmade Mulalo sal die koninklike familie vernietig as dit beteken hy kan sy mag en rykdom terugkry.

-

Muvhango Weekdae SABC2 (*192) 21:00

Muvhango se gevestigde stamhoof Azwindini (Gabriel Temudzani) en sy koninklike Vhakwevhof­amilie beter in hul pasoppens wees op Woensdag 4 Julie wanneer hulle ’n waarskuwin­g van hul sangoma Mulimisi (Humbulani Tsharani) kry: moeilikhei­d is op pad wat hulle dalk nie sal kan trotseer nie. Die oudburgeme­ester Mulalo (Sydney Ramakuela) het op Azwindini spioeneer en weet van die “eerbare” stamhoof se geraamtes in sy kas, soos sy liefdeskin­d Ndiwanga (Gabrielle Taiwo) by Livhuwani (Anzani Tshivhase), wat nogal getroud is met die huidige Thatheburg­emeester, Tenda (Nat Ramabulana). “Mulalo gaan die inligting gebruik om Livhu te ontsenu [op Donderdag 5 Julie]. Hy teiken haar om Azwindini by te kom sodat die stamhoof deeglik bewus is van wat hy weet. Mulalo soek ’n setel in die koningshui­s en die rykdom wat daarmee saamgaan,” sê Sydney.

GEWONDE DIER

Mulalo is op die oorlogspad sedert hy uitgestoot is in die 18-maande-tyd- sprong in Muvhango se storielyne in Maart vanjaar, en dit het die eens vriendelik­e burgemeest­er in ’n ingehokte dier verander. “Hy het gewoond geraak aan die mag en om mense na sy pype te laat dans,” sê die akteur. “Mulalo is soos ’n gewonde buffel – hy het niks om te verloor nie en dis ’n baie gevaarlike man om mee swaarde te kruis.” Mulalo wil hê sy vyande moet weet hy gaan hulle aanvat, daarom besoek hy die burgemeest­erskantoor op Woensdag 11 Julie en waarsku Tenda om nie die stamhoof te vertrou nie. “Mulalo wil Azwindini in diskrediet bring en twyfel by Tenda laat ontstaan oor Livhu se getrouheid,” verklap Sydney.

WAARHEID EN WRAAK

Azwindini ruik ’n rot en konfrontee­r Mulalo op Vrydag 13 Julie en sê hy moet ophou saadjies van agterdog saai. ’n Briesende Mulalo gaan vertel Tenda nog dieselfde dag alles. “Mulalo hoop as hy Livhu se ontrouheid onthul, sal hy ’n bondgenoot teen Azwindini kry,” verduideli­k Sydney. Maar Tenda gaan nie vir die gek gehou word deur die man wat hy vervang het nie, en trek los met sy eie tirade op Maandag 16 Julie. “Mulalo het nooit verwag om so behandel te word nie,” sê Sydney. Tog lag hy in sy mou, want hy weet dis nie lank voor Tenda die waarheid aanvaar nie en dan gaan hy wraak soek.

 ??  ?? Sangoma Mulimisi (inlas) waarsku almal oor ’n aanslag van Mulalo.
Sangoma Mulimisi (inlas) waarsku almal oor ’n aanslag van Mulalo.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa